Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 24.6mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


21°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 76%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

3 toergidse gepos oor ollie-video

Een bestorm bul by Singita

Deur Elise Tempelhoff, Buks Viljoen Woensdag 15 Mei 2013 12:00 vm.

Drie toergidse van Singita, een van Afrika se bekendste lodges, is afgedank nadat ’n video op YouTube gelaai is wat wys hoe een van hulle ’n olifantbul in ’n natuurreservaat langs die Krugerwildtuin bestorm.

Die video, met die titel “Tourist Charges Elephant: Allegedly Drunk Man Confronts Wild Elephant at Kruger National Park”, het wêreldwyd opslae gemaak.

Singita het in ’n verklaring gesê nadat hulle van die video bewus geword het, het hulle dié “onaanvaarbare gedrag” onmiddellik ondersoek en drie mense is afgedank wat by die voorval betrokke was.

Brian Thomas Masters, wat tot onlangs nog by Singita as toergids gewerk het, het gister gesê hy is jammer oor sy onverantwoordelike en onetiese optrede. Hy is nou sy werk kwyt.

In die video spring Masters van ’n oop viertrekvoertuig af en storm op ’n olifantbul af wat in die veld staan. Sy vriende moedig hom aan om nader aan die olifantbul te hardloop.

Dit lyk asof die olifant geskok is deur dié gedrag. Hy skop stof op en swaai sy kop en ore heen en weer. Masters val, maar staan vinnig op en storm weer op die olifant af. Dié keer swaai hy sy arms in die lug, terwyl sy vriende lag en hande klap. Die olifant loop stadig agteruit, draai om en stap weg.

Teen gistermiddag het meer as 1 700 mense al op die video gereageer. Sommige het hul skok en afgryse te kenne gegee.

Masters het gesê hy was nie dronk toe hy dié “onbesonne daad” aangevang het nie. Volgens hom het hy gesien hoe kwaai mense sedert die naweek op die video reageer en besluit om sy identiteit bekend te maak.

“Ek is diep spyt oor my onprofessionele en onetiese gedrag. Ek wens ek kon dit ongedaan maak.”

Hy is veral jammer dat hy die naam van die maatskappy waarvoor hy gewerk het deur die modder gesleep het. Die maatskappy bewaar meer as ’n halfmiljoen hektaar grond in Afrika en kan nie verantwoordelik gehou word vir een mens se swak gedrag nie.

“Hierdie onsinnige daad het my reputasie geskaad en al die werk wat ek in 13 jaar met die navorsing oor neushoringvoëls en olifante gedoen het, ongedaan gemaak.”

Hy het mense gevra om hom te vergewe en sy goeie werk te onthou, soos die nagte wat hy by die reservaat renosters teen stropers beskerm het. Masters het gesê hy het nie geweet iemand het ’n video van die voorval gemaak of dit op YouTube gelaai nie.

Klik hier om die video te kyk.