Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Vrydag


22°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


22°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 1.1mm


Humiditeit 59%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Nuus

Guptas: Regering aanvaar voorlopige bevindings

Deur sapa, erika gibson Donderdag 16 Mei 2013 2:03 nm.

Foto: Verskaf

Kaapstad. - Die kabinet het die voorlopige bevindings aanvaar van 'n ondersoek na die landing van 'n privaatstraler met onder andere lede van die Gupta-familie aan boord op die Waterkoof-lugmagbasis.
Diegene wat daaraan skuldig bevind word dat hulle regulasies oortree het "moet aan die volle mag van die reg onderwerp word," het Phumla Williams, waarnemende regeringswoordvoerder, aan joernaliste hier gesê.
Besonderhede van die verslag, wat Woensdag aan die kabinet oorhandig is, is egter nie bekend gemaak nie.
Williams het die regering se siening dat die landing ongemagtig was, herbeklemtoon.
Ministers in die justisie-, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroepering sal binnekort 'n voorligtingsessie hou om die bevindings van die ondersoek bekend te maak. 
Die debakel het ontstaan nadat die vliegtuig met sowat 200 bruilofsgaste van die Gupta-familie toegelaat is om op 30 April op Waterkloof te land. Die Gupta-familie het noue bande met pres. Jacob Zuma.
'n Multi-departementele taakspan van direkteurs-generaal het sewe werkdae gehad om die saak te ondersoek.