03 September 23:27
14°C / 18°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


18°C / 14°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 66%

Saterdag


19°C / 14°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Sondag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Maandag


15°C / 13°C

Wind 23km/h


Reënval 5mm


Humiditeit 83%

Dinsdag


15°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Woensdag


14°C / 11°C

Wind 24km/h


Reënval 2mm


Humiditeit 84%

Nuus

Dit was woede en geensins trane, sê Zille

Deur Jan Gerber Saterdag 18 Mei 2013 01:57

Helen Zille, Wes-Kaapse premier, het ontken dat sy hier ’n traan stort, maar gesê sy was “absoluut briesend” vir ANC-lede wat onwaarhede kwytraak. Foto: COURTNEY AFRICA

Kaapstad. – Huilend? Beslis nie. Briesend? Absoluut!

Verlede week ná ’n heftige debat in die Wes-Kaapse parlement het ’n foto van Helen Zille, premier, verskyn met haar hand oor die oë.

Terwyl geen traan bespeur is op die foto nie, wat verlede Vrydag op die Mercury se voorblad verskyn het, is daar in sosiale media, veral die Wes-Kaapse ANC se Facebook-blad, beweer Zille het krokodiltrane gehuil. Mail & Guardian het ook gister bespiegel of sy gehuil het.

Sy het dit verlede Vrydag ontken en gesê sy was “absoluut briesend”.

Uit die provinsiale parlement se persgalery was daar geen teken van ’n geween in die premier se bank nie. Dat sy haar wel bloedig vererg het, was baie duidelik.

Verlede Vrydag het Zille by navraag gesê die foto is ’n wanvoorstelling en sy het beslis nie gehuil nie.

Sy het gesê dit maak haar “absoluut briesend” wanneer die ANC “onwaarhede” kwytraak, soos om die DA met Hitler te vergelyk of te sê Helen Suzman wou mense doodmaak.