Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 4.2mm


Humiditeit 48%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Maandag


30°C / 17°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 33%

Dinsdag


32°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 29%

Woensdag


29°C / 18°C

Wind 21km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 48%

Nuusflitse
Eugene de Kock kry parool Man kry toesig oor babas van surrogaatma’s Bloemfonteinse polisieman sterf in motorfietsongeluk Ontvoerde Duitsers in Paraguay dood gevind Van Breda's: Vriendin van gesin neem haar eie lewe Bedfordsentrum: Transito-baasbrein vas Treinwa ontspoor in Kaapstad Rentekoers bly onveranderd Max du Preez kry nuwe ‘tuiste’ Vrou in haar Witbank-huis aangeval ​Gene Hackman-gerugte is onwaar AirAsia-ramp: Mede-vlieënier het vliegtuig gevlieg Islamitiese Staat verleng sperdatum vir terroris se vrylating Thomas Ferreira se lewe 'beëindig' - landdros Bylmoorde: Pa was bekommerd oor misdaadsituasie ​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog
Nuus

1 000 km vir renostertjies

SA vrou saal ’n paar perde op

Deur Leané Meiring Maandag 20 Mei 2013 03:25

’n Vrou van Midrand gaan binnekort 25 wilde Mongoolse perde opsaal en sowat 1 000 km deur die Mongoolse steppe ry vir renosterbewaring.

Inge Rall-Behm (51) gaan in Augustus saam met 34 ander ruiters van oor die wêreld heen aan die Mongoolse Derby deelneem. Sy sal die steppe – waar temperature styg tot naby 40°C en donderstorms alledaags is – tien dae lank met behulp van ’n GPS-stelsel op Mongoolse perde moet trotseer.

Sy sal ook net 5 kg se voorraad kan saamdra. Sy sal gelukkig elke 40 km kan afsaal by ’n hulpkamp waar sy ’n nuwe perd moet kry.

Daar kan sy smul aan plaaslike skaappens-en-pootjies-afval en perdemelk met wodka wat deur die nomadiese skaapboere voorberei word.

Rall-Behm is ’n narkotiseur, ’n ma van twee kinders, en het 15 honde en vier perde, maar het nooit gedink haar liefde vir diere sal haar daartoe dryf om dié uithourit aan te pak nie. Sy hoop om eerste oor die wenstreep te ry en die eerste vrou te wees wat die rit wen.

“Ek gaan probeer om 120 km ’n dag te ry. Ek gaan myself druk om die rit binne sewe dae te voltooi. Ek hou my doel voor oë.”

Haar doel is om internasionaal bewustheid oor renosterstropery te wek en geld vir ’n renoster-“weeshuis” in Limpopo in te samel.

Nadat sy deur ’n rits onderhoude uiteindelik gekies is om aan die kompetisie deel te neem moes sy dadelik begin geld insamel vir die liefdadigheidsorganisasie van haar keuse. Rall-Behm het reeds R44 000 vir die wees-renosters ingesamel. Sy wil wen omdat dit haar sal help om die krisis van renosterstropery in die internasionale soeklig te plaas.

“Mense vergeet dat die gestroopte renosters babas agterlaat. Ons moet hulle probeer red.”

Karen Trendler, koördineerder van die Rhino Response Strategy wat die “weeshuis” bedryf, het gesê hulle is dankbaar vir die hulp.

“Sy is absoluut mal om so iets aan te pak, maar ek respekteer haar. Haar opoffering en die lang ure wat sy oefen, motiveer my om aan te hou wanneer ek moeg word.”