Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Dinsdag


19°C / 12°C

Wind 22km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 82%

Nuusflitse
R95 m. se kokaïen by Durban-hawe gevind Polisieman skiet meisie, homself in winkelsentrum 15 sterf in ontploffing by plofstoffabriek Ma ruil doek uit protes in restaurant Vyf sterf in helikopterongeluk Vier sterf toe bestuurder vir slang skrik Busontploffing eis sewe Dolfyn dryf swemmers uit die water Alkoholiste kry gratis drank Vulkaan: skokkende tonele begroet reddingwerkers ‘Ierse soldate amper nakend’ Australië gekap oor sluiers in parlement Steve sê hoekom hy Stem sing Ebola: VSA soek mense wat met pasiënt in aanraking was Man ernstig beseer in haai-aanval NFL steier onder insidente van geweld Twee dood toe taxi omslaan Stortvloed rou riool sorg vir chaos Vrou byna meegesleur toe riooltenk ontplof Ontbinde lyk in tas gevind Trein tref bakkie, bestuurder oorleef Drie sterf in KZN-ongeluk Ontploffing ruk Spaanse stadsaal Spesiale verslag: Te wreed vir woorde? Man in hof oor 'dwelmstrooitjies' Talle sterf in Siriese ontploffings Lyk van vermiste Britse meisie moontlik gevind Man ná 12 dae in grot gered Drie dood in haarsalon-ontploffing 'Organisasies ontbloot foutlyne in volk' - Koos Kombuis Japan se blitstrein word 50 Treinongeluk in Indië eis 12 Vulkaan: Dodetal in Japan styg steeds WWF: Mens het een en 'n half aarde nodig Joost en All Blacks ontmoet wéér ‘Vyfsterhotel’ brand in Mongolië Britse toeris glo twee keer verkrag voor moord Skole in Japan kry bomdreigement Thailand oorweeg ID-armbande vir toeriste iPhone 6 nou te koop in China Man vuur skoot by Ethiopiese ambassade Kankerdokter vas ná sy minnaar vergiftig Stop betogings, vra Hongkong-hoof Nóg 'n vulkaanuitbarsting dreig in Japan Turkye deur mortiere getref Egpaar kry lewenslank vir dierevideo’s Lufthansa-vlieëniers gaan Dinsdag wéér staak Viëtnam lê beslag op 40 kg se ivoor Ebola: Australië stuur nie dokters nie Vulkaan: Nog lyke van berg gebring Minnares kruip weg vir vrou, val na dood NK-ongeluk: Dodetal styg VSA-dokter blootgestel aan ebola Seun (15) doodgeskiet
Nuus

Guptas se lot lê by vervolger

Verslag bekend gemaak

Deur James-Brent Styan, Sapa Maandag 20 Mei 2013 3:02 vm.

Foto: Verskaf

Kaapstad. – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Nasionale Vervolgingsgesag moet besluit of die Gupta-familie vervolg gaan word weens die onlangse onregmatige landing van hul vliegtuig op die lugmagbasis Waterkloof.

So het Jeff Radebe, minister van justisie, gister gesê toe hy die verslag oor die ondersoek na die onregmatige landing bekend gemaak het.

“Die besluit oor vervolging lê by die nasionale polisiekommissaris (Riah Phiyega) en haar amptenare,” het Radebe gesê.

“Die besluit oor wié vervolg moet word, lê by die Nasionale Vervolgingsgesag. Dié besluit moet geneem word sonder aansien des persoons en selfs nie eens die minister mag daarby inmeng nie.”

Radebe het gesê die regering gaan ook kyk na die gebruik in regeringskringe om mense se naam te misbruik om gunste te bekom.

Hy het bevestig die ministers van vervoer en verdediging, asook pres. Jacob Zuma se naam, is gebruik om sekere dinge tydens die Gupta-troue, wat ’n paar weke gelede by Sun City gevier is, te laat gebeur.

“Die definisie van wangedrag moet aangepas word in wetgewing sodat die misbruik van die name van die uitvoerende gesag as wangedrag hanteer kan word.”

Radebe het ook gesê die Waterkloof-lugmagbasis is nie ’n nasionale sleutelpunt nie.

“Die lugmagbasis is geklassifiseer as ’n strategiese militêre basis wat gereguleer word deur die Verdedigingswet no. 44 van 1957.

“Dit beteken die basis het selfs strenger veiligheidsmaatreëls as nasionale sleutelpunte.”

Radebe het gesê die Nasionale Wet op Sleutelpunte word bestuur deur die departement van polisie. Hy het aangedui dat die verantwoordelikheid vir die wetgewing in 2004 geskuif is van die departement van verdediging na dié van die polisie.

“Die lugmagbasis hanteer siviele sowel as militêre vliegtuie,” het Radebe gesê.

Luidens die verslag was 194 regeringsamptenare betrokke by die Gupta-troue.

In die ondersoek, wat gedoen is onder leiding van Dennis Dlomo, waarnemende direkteur-generaal van staatsveiligheid, is ook gevind dat die Guptas 88 voertuie gebruik het (nie noodwendig staatsvoertuie nie) en 296 private veiligheidswagte gehuur het.

Die familie het twee vliegtuie en sewe private helikopters gebruik om trougaste te vervoer tussen Waterkloof en Sun City.

Radebe het gesê die Airbus A330-200 wat die Guptas by Jet Airways vir bruilofsgaste gehuur het, het toestemming gehad om op die lugmagbasis te land. Dié toestemming is gegee deur die lugmag se beheersentrum gegrond op die nodige klaringsprosedures.

“Dié klaringsprosedures was egter gegrond op vals inligting en die misbruik van diplomatieke privilegie,” het Radebe bygevoeg.

“Die kombinasie van laasgenoemde twee het gelei tot die manipulasie van die (landings-) proses deur verskeie persone,” het Radebe gesê.

Hy het bygevoeg die mense wat luidens die ondersoekverslag saamgewerk het om die landing te bewerkstellig, sluit in die hoof van staatsprotokol, Bruce Koloane, en lt.kol. Christine Anderson, onderbevelvoerder van die lugmagbasis se verplasingsentrale in Pretoria.