Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


30°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 3.4mm


Humiditeit 65%

Donderdag


22°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 5.0mm


Humiditeit 66%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Nuus

Guptas: ‘Sy voer dan net bevel uit’

Deur james-brent styan Maandag 20 Mei 2013 3:18 vm.

Die JetAirways vliegtuig wat die Gupta-familie gehuur het om gaste vanaf Indië vir 'n troue in Sun City te vervoer. Foto: Deaan Vivier

Sy het net ’n wettige bevel uitgevoer, maar nou word lt.kol. Christine Anderson, onderbevelvoerder van die lugmagbasis se verplasingsentrale in Pretoria, uitgelewer sodat ander mense beskerm kan word.

So meen Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu).

Hy het gereageer op die verslag oor die omstrede Gupta-landing op die Waterkloof-lughawe wat gister uitgereik is.

Anderson is een van die weermagoffisiere wat geskors is hangende ’n interne ondersoek.

“Sy het ’n wettige, skriftelike bevel uitgevoer en bevele gehoorsaam wat deur lugmaghoofkwartier uitgereik is.

“En die mense bo haar word nie genoem nie.”

Jeff Radebe, minister van justisie wat gister die verslag bekend gemaak het, het reeds vroeër vandeesmaand bekend gemaak dat brig.genl. Les Lombard, bevelvoerder van die lugmagbevelspos wat alle militêre vlugte hanteer, en brig.genl. Sam Madumane, bevelvoerder van Waterkloof, ook geskors is.

Hul name is egter weggelaat uit die finale verslag en slegs Anderson word genoem. Dit is onduidelik waarom.

David Maynier, DA-LP, het gesê ’n onafhanklike ondersoek moet gedoen word, want “dit lyk tans na ’n toesmeerdery”.