Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


22°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 73%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Dinsdag


26°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 63%

Woensdag


22°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 78%

Nuus

Oudskoolhoof sterf ná val

Deur Ügen Vos Maandag 20 Mei 2013 2:58 vm.

Barend Jacobus (Bok) de Lange, oudskoolhoof van die Hoërskool Helpmekaar, is gister in die hospitaal dood nadat hy verlede week van ’n skoolpaviljoen se trappies afgeval het.

Volgens sy dogter, Ronel de Wet (44), het De Lange (81) Woensdagaand by Hoërskool Linden in Johannesburg gaan kyk hoe een van sy kleinseuns, Philmar de Wet (17), op skrumskakel vir dié skool se eerste span uitdraf.

De Lange het van die trappies by die paviljoen afgeval en sy ribbes gebreek.

Dié val het ook ’n kruisvormige letsel op sy kop gelaat.

“Dit is asof die engele hom gemerk het om seker te maak hulle vat die regte man hemel toe,” het De Wet gesê.

De Lange is op die toneel deur paramedici behandel en na ’n kliniek in Sandton vervoer, waar hy eergisteraand nog in ’n stabiele toestand was.

“My pa het gesê alles sal oukei wees en ons moenie bekommerd wees nie,” het De Wet gesê. “Hy wou al eintlik hê dat hulle hom Donderdag moes laat gaan. Dit was ’n baie groot skok om te hoor dat hy oorlede is.”

Die hospitaal het De Lange se weduwee, Magriet (72), omstreeks 06:00 van sy afsterwe laat weet.

“My pa en ma was 61 jaar lank getroud en hul huweliksherdenking was in April,” het De Wet gesê.

“My ma was al 31 toe hulle ontmoet het. My pa het altyd gesê dat hy net vir die regte vrou gewag het.”

De Wet het haar pa onthou as ’n “baie vasbeslote soort ou” en ’n “reus” van ’n mens met baie integriteit, wat reeds op 16 in matriek was en op 38 as hoof van Helpmekaar aangestel is.

De Lange het tot onlangs steeds in sy wit Golfie rondgerits, vyf keer per week gimnasium toe gegaan en was “verslaaf aan blokkiesraaisels”.

“Hy was baie taalkundig en het ook ’n boek oor die hele familiegeskiedenis geskryf wat hy vir ons almal gegee het. Hy was besig met sy memoires,” het De Wet gesê.

“Hy was baie geheg aan sy koerante en het elke oggend wanneer hy opstaan eers sy Beeld of Rapport gaan koop.”

De Lange is as ’n superintendent van onderwys aangestel nadat hy Helpmekaar in 1985 verlaat het en het ná sy aftrede steeds in die onderwys betrokke gebly.

“Onderwys was in sy bloed en hy het baie diep, maar ook baie empatieke spore, in baie mense se lewens getrap.

“My pa was verskriklik beginselvas en ’n man van sterk waardes.

“Hy was die kern en steunpilaar van ons familie.

“Hy het 81 fantastiese jare op aarde gehad en ons berus ons by die lesse wat ons by hom geleer het. Dit voel nou asof daar ’n gat is.”