Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

E-tol onnodig, wys studies

Brandstofheffing bring genoeg geld in

Deur James-Brent Styan Maandag 20 Mei 2013 2:50 vm.

Die elektroniese tolpunt tussen 14de Laan en Beyers Naudéweg op die N1 in Johannesburg. Foto: Lerato Maduna

Kaapstad. – Die regering se brandstofheffings genereer genoeg geld om vir nuwe paaie en die instandhouding daarvan te betaal.

Dit is in twee onafhanklike studies bevind. Dit is in kontras met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die departement van vervoer, wat aanvoer dat nuwe tolpaaie, insluitende die e-tol-stelsel in Gauteng, landwyd nodig is om vir paaie te betaal.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) en die Suid-Afrikaanse Bitumenvereniging (Sabita) het elkeen ’n studie gedoen oor instandhouding van die land se nasionale paaie.

Die studies het onder meer gekyk na die regering se gebruik al dan nie van die brandstofheffing om te betaal vir padherstelwerk en -instandhouding.

Luidens die bevindings is daar tussen 2003 en 2008 jaarliks ’n gemiddelde van R7,4 miljard aan Suid-Afrikaanse paaie bestee. Dit sluit nuwe paaie en instandhouding in.

In dieselfde tydperk het die regering ’n gemiddelde van R21 miljard met die brandstofheffing ingevorder.

Ian Ollis, DA-LP, sê Suid-Afrikaners moet begin vra waarom daar nie meer van dié beskikbare geld gebruik word vir die padnetwerk in die land nie.

Ollis sê die brandstofheffing sal vanjaar ’n geskatte R42 miljard in die staatskas sit.

“Daar is genoeg geld vir paaie. Maar dit word elders deur die regering bestee en nie aan die paaie waarvoor dit ingevorder word nie.”

Ollis voer aan Sanral en die regering wil hê Suid-Afrikaners moet betaal vir dié entiteite se ondoeltreffende gebruik van beskikbare geld.

Daar was in die verlede ’n afgebakende bedrag wat deur die brandstofheffing ingesamel is en net vir paaie gebruik is.

Dié afbakening is egter in 1988 geskrap. Tans word die heffings in die regering se algehele belastingpot gestort en orals toegedeel deur die tesourie.

Ollis sê planne vir nuwe tolpaaie is ’n skande gegewe die inligting rondom die brandstofheffing.

Ben Martins, minister van vervoer, het berigte oor nuwe tolpaaie ontken.

“Die regering op nasionale vlak moet nog met die provinsies vergader rondom die planne vir nuwe tolpaaie in die provinsies,” het Martins gesê.

Martins het gesê die regering en die provinsies sal saam kyk na die beste manier om paaie te ontwikkel.

“Hoe moet ons paaie in stand hou? Wat is die opsies vir die finansiering daarvan? Al dié kwessies moet eers bespreek word.”