Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 14°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Saterdag


31°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 37%

Sondag


29°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Maandag


32°C / 19°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 34%

Dinsdag


28°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Woensdag


29°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Nuus

Vuyo twiet nog oor rugby, toe sak hy ineen

Deur Pieter Steyn Maandag 20 Mei 2013 03:14

Vuyo Mbuli

Enkele minute voordat Vuyo Mbuli (46), gewilde TV-en-radiopersoonlikheid, eergisteraand in die presidentslosie in die Vrystaat-stadion inmekaargesak het, het hy nog getwiet die Cheetahs het punte aangeteken.

Mbuli het kort ná die begin van die tweede helfte van die Cheetahs se Superrugby-kragmeting teen die Reds inmekaargesak.

Volgens Lindsay Mould, president van Vrystaat-rugby, het dr. Jan Marais, een van die direkteure van die unie, dadelik noodbehandeling begin toepas.

“Jan en paramedici het seker omtrent ’n halfuur geworstel om hom te stabiliseer, waarna hy na die Mediclinic Bloemfontein gehaas is,” het Mould gesê.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die hospitaal, het gesê Mbuli is kort ná 22:00 in die hospitaal se noodeenheid dood.

Sy het gesê dit is voortydig om te bespiegel oor die presiese oorsaak van sy dood.

Huldeblyke het ingestroom. Leanne Mannas, sy mede-aanbieder van Morning Live op SABC2, het getwiet sy weet nie weet hoe sy die program sonder Mbuli gaan aanbied nie.

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het in ’n verklaring Mbuli se dood betreur en sy medelye met Mbuli se familie uitgespreek.