Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 68.2mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 15km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 69%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Nuusflitse
13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Wit plakkers: ‘Dis ’n leuen’

Meer swart mense leef so, sê ANC

Deur Lourensa Eckard Dinsdag 21 Mei 2013 2:20 vm.

‘Ons wou die ANC-regering opsetlik op internasionale vlak in die verleentheid stel om druk op hulle te plaas om iets te doen.”

So het Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, gesê oor ’n stuk wat onlangs op die BBC se webwerf verskyn het met die titel: “Het wit mense in Suid-Afrika ’n toekoms?”

“Ons wou druk plaas op die ANC, want daar word niks aan plaasmoorde en arm wit mense gedoen nie.”

Roets het John Simpson, redakteur van wêreldsake by die BBC, na Sonskyn Hoekie, ’n wit plakkerskamp in Pretoria, geneem.

In die stuk skryf Simpson in Suid-Afrika is ’n boer se kans om vermoor te word twee keer so groot as dié van ’n polisielid.

“Die statistieke wat ek aan Simpson gegee het, is net ’n skatting. Daar is nie amptelike statistieke vir plaasmoorde nie,” het Roets gesê.

Simpson het spesifiek gevra om na ’n wit plakkerskamp te gaan, daarom het hy hom nie na ’n swart plakkerskamp geneem nie, het Roets gesê.

“Hulle (die BBC) wou die ander kant van die prentjie wys.”

Volgens Roets tref AfriForum geen onderskeid tussen wit en swart mense nie.

“Dit is nie ons wat dit doen nie, dit is die regering wat dit doen.”

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê sulke uitlatings kan ’n land se beeld baie skade berokken. “Hoe kan jy jou eie land so slegsê?”

Misdaad, geweld en werkloosheid diskrimineer nie en om wit mense as teikens uit te beeld, is roekeloos, meen Mthembu.

“Die meeste mense wat in informele nedersettings woon, is swart.

“Hoekom het Roets die BBC nie na ’n swart plakkerskamp geneem nie? Dit is ’n verwronge beeld wat geskep word.”

Mthembu het gesê Suid-Afrika het ongetwyfeld ’n magdom probleme.

“Ons moet saamwerk. Hierdie is jou land, jy het nie ’n tweede land nie. As jy nie hier wil woon nie, moet jy elders heen gaan.”

Wit mense het beslis ’n toekoms in Suid-Afrika en hulle hoef nie in vrees te lewe nie, het hy gesê.

“As iemand gewelddadig teenoor ’n wit mens is, word hy deur ons land se wette vervolg. Ons word almal, ongeag jou ras, deur dieselfde Grondwet beskerm.”

Mthembu het gesê hy sou skaam gekry het as hy AfriForum se uitlatings gelees het.

“Ek ken baie wit mense wat daarop trots is om in Suid-Afrika te woon en wat voel of hulle deel is van die land en wat demokrasie waardeer.”

Só vaar wit mense in SA ná 1994

Het wit mense ’n toekoms in Suid-Afrika? Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het die naweek in City Press

geskryf wit mense het ná apartheid van krag tot krag gegaan.

• In 2012 het byna alle wit kinders gematrikuleer, terwyl slegs 50% van swart kinders gematrikuleer het;

• Hoewel swart gegradueerdes meer waarskynlik werk sal kry ’n jaar nadat hulle gegradueer het, sal vier keer meer wit gegradueerdes ’n sakeonderneming begin;

• Minder as 1% van wit mense verdien minder as R5 000 per maand, terwyl 45% van swart mense op minder as R5 000 per maand oorleef; en

• 5,7% van wit mense is werkloos, teenoor 29% van swart mense.