Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Dinsdag


19°C / 12°C

Wind 22km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 82%

Nuusflitse
R95 m. se kokaïen by Durban-hawe gevind Polisieman skiet meisie, homself in winkelsentrum 15 sterf in ontploffing by plofstoffabriek Ma ruil doek uit protes in restaurant Vyf sterf in helikopterongeluk Vier sterf toe bestuurder vir slang skrik Busontploffing eis sewe Dolfyn dryf swemmers uit die water Alkoholiste kry gratis drank Vulkaan: skokkende tonele begroet reddingwerkers ‘Ierse soldate amper nakend’ Australië gekap oor sluiers in parlement Steve sê hoekom hy Stem sing Ebola: VSA soek mense wat met pasiënt in aanraking was Man ernstig beseer in haai-aanval NFL steier onder insidente van geweld Twee dood toe taxi omslaan Stortvloed rou riool sorg vir chaos Vrou byna meegesleur toe riooltenk ontplof Ontbinde lyk in tas gevind Trein tref bakkie, bestuurder oorleef Drie sterf in KZN-ongeluk Ontploffing ruk Spaanse stadsaal Spesiale verslag: Te wreed vir woorde? Man in hof oor 'dwelmstrooitjies' Talle sterf in Siriese ontploffings Lyk van vermiste Britse meisie moontlik gevind Man ná 12 dae in grot gered Drie dood in haarsalon-ontploffing 'Organisasies ontbloot foutlyne in volk' - Koos Kombuis Japan se blitstrein word 50 Treinongeluk in Indië eis 12 Vulkaan: Dodetal in Japan styg steeds WWF: Mens het een en 'n half aarde nodig Joost en All Blacks ontmoet wéér ‘Vyfsterhotel’ brand in Mongolië Britse toeris glo twee keer verkrag voor moord Skole in Japan kry bomdreigement Thailand oorweeg ID-armbande vir toeriste iPhone 6 nou te koop in China Man vuur skoot by Ethiopiese ambassade Kankerdokter vas ná sy minnaar vergiftig Stop betogings, vra Hongkong-hoof Nóg 'n vulkaanuitbarsting dreig in Japan Turkye deur mortiere getref Egpaar kry lewenslank vir dierevideo’s Lufthansa-vlieëniers gaan Dinsdag wéér staak Viëtnam lê beslag op 40 kg se ivoor Ebola: Australië stuur nie dokters nie Vulkaan: Nog lyke van berg gebring Minnares kruip weg vir vrou, val na dood NK-ongeluk: Dodetal styg VSA-dokter blootgestel aan ebola Seun (15) doodgeskiet
Nuus

Hilton Botha sal nog help in moordsaak

Deur Hilda Fourie Vrydag 24 Mei 2013 10:57 nm.

Denise Stratford

Al het hy uit die polisie bedank, sal Hilton Botha steeds help met die ondersoek van Denise Stratford se moordsaak totdat dit afgehandel is.

Lt.kol. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het gister gesê ene konst. Chauke, die huidige ondersoekbeampte, en Botha werk nou saam.

Die polisie het ná bykans drie weke op navrae gereageer nadat Chauke aan Stratford se seuns, Brandon (29) en Duane (32), gesê het hy is te besig en word te min betaal om hul ma se moordenaar te soek en te arresteer.

Botha het die inligting gekry oor waar die tweede verdagte hom bevind toe hy nog die ondersoekbeampte was van Stratford (55) se saak wat in November 2011 in ’n rioolpyp langs ’n kantoorblok in die Mooikloof-kantoorpark, in die ooste van Pretoria, gegooi is.

Hy het dit aan Chauke oorgedra net voordat hy in Maart vanjaar bedank het.

Botha het bedank nadat hy in die spervuur was oor die Oscar Pistorius-moordondersoek en dit aan die lig gekom het dat hy en nog twee voormalige polisielede in die landdroshof in Kwa-Mhlanga moet verskyn op sewe aanklagte van poging tot moord.

Botha het gister in die hof verskyn.

Die saak is tot Augustus uitgestel.

“Ons is daartoe toegewyd om die tweede verdagte in hegtenis te neem,” het Mogale gesê.

“Uitmuntende werk is tot dusver gedoen met die ondersoek van dié saak. Dié werk sal nie ongedaan gelaat word omdat daar ’n verandering in ondersoekbeamptes was nie.

“Die ondersoek word deur ’n span gedoen. Hulle gaan hul bes doen om die tweede verdagte vas te trek.”

Jimmy Mahlaba (24) word tans in die hooggeregshof in Pretoria verhoor weens Stratford se moord. Die verrigtinge gaan volgende maand voort.