Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 76%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Dinsdag


29°C / 18°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 6.2mm


Humiditeit 74%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 3.1mm


Humiditeit 66%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Nuus

Familie trek sluier oor Oscar-belastingboete

Deur Hilda Fourie Maandag 27 Mei 2013 1:41 vm.

Oscar Pistorius

Oscar Pistorius voldoen aan alle belastingvereistes.

So het Arnold Pistorius gister by monde van Anneliese Burgess, familiewoordvoerder, gesê oor berigte dat sy broerskind ’n boete aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moes betaal.

Burgess het gesê die familie gaan nie verder uitwei oor of ’n boete betaal is of nie.

Beeld se susterskoerant Rapport het gister berig Pistorius is met honderdduisende rande beboet weens onbetaalde belasting.

Die SAID het glo Pistorius se geldsake bekyk nadat hy in Februarie tydens sy borgtogaansoek in die Pretoriase landdroshof getuig het hy verdien sowat R5,6 miljoen per jaar.

Pistorius, wat weens moord teregstaan ná die skietdood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, is op borgtog van R1 miljoen vrygelaat.

Luidens Rapport het Pistorius die SAID se boete reeds betaal.