Kaapstad Verander Area

Vandag


21°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


24°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Vrydag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


29°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Maandag


23°C / 14°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Nuusflitse
Treinongeluk in Indië eis 12 Vulkaan: Dodetal in Japan styg steeds WWF: Mens het een en 'n half aarde nodig Joost en All Blacks ontmoet wéér EU-sanksies teen Rusland gaan voort ‘Verdagte pakkie’ ontwrig Gautrein-dienste Ebola: Duisende kinders wees gelaat ‘Vyfsterhotel’ brand in Mongolië Britse toeris glo twee keer verkrag voor moord Skole in Japan kry bomdreigement Thailand oorweeg ID-armbande vir toeriste iPhone 6 nou te koop in China Man vuur skoot by Ethiopiese ambassade Kankerdokter vas ná sy minnaar vergiftig Stop betogings, vra Hongkong-hoof Nóg 'n vulkaanuitbarsting dreig in Japan Turkye deur mortiere getref Egpaar kry lewenslank vir dierevideo’s Lufthansa-vlieëniers gaan Dinsdag wéér staak Viëtnam lê beslag op 40 kg se ivoor Ebola: Australië stuur nie dokters nie Vulkaan: Nog lyke van berg gebring Minnares kruip weg vir vrou, val na dood NK-ongeluk: Dodetal styg VSA-dokter blootgestel aan ebola Seun (15) doodgeskiet Richard Branson klou aan ruimtedroom Franse vliegstaking kom tot einde Paarl-baba is nog weg Tory-minister bedank oor stoute foto Gesin van 5 dood gekry in huis Talle iPhone-smokkelaars vas Tiener, oom gekeer oor gedwonge troue Nigeriese kerkramp: Aankondiging verwag Kind, vlieënier sterf tydens lugvaartskou Polisieman in Ferguson geskiet Ontake-vulkaanuitbarsting: 7 gered Reddingshelikopter vermis
Nuus

2 skeure aan seuntjie se kop

Ouers in hof oor kind se ou beserings

Deur Elise Tempelhoff Vrydag 31 Mei 2013 3:02 vm.

’nJong man en sy vriendin het gister in die Vanderbijlpark-streekhof verskyn op aanklag van kindermishandeling ná die dood van hul seuntjie van tien maande in Augustus verlede jaar.

Ashley Anne Jordaan (20) en Trevor Viljoen (20) is nie gevra om te pleit nie.

Ethan Piet Viljoen is op 2 Augustus verlede jaar in sy ouerhuis in Palmhof in die dorp dood.

Tydens ’n lykskouing is bevind Ethan het ernstige beserings gehad wat daarop gedui het hy is vermoedelik voor sy dood gewelddadig aangerand.

Volgens ao. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, het Ethan twee skeure aan sy kop gehad waarvan albei sowat 60 mm lank was. Hy het ook ou beserings aan sy regterarm gehad.

Ná ’n omvattende ondersoek na die baba se dood het die nasionale vervolgingsgesag besluit Viljoen en Jordaan moet van kindermishandeling aangekla word.

Na dié beslissing is sy ouers verlede week in hegtenis geneem. Hulle het kort daarna in die landdroshof in die dorp verskyn. Die saak is toe na die streekhof oorgeplaas.

Borgtog van R3 000 is aan albei toegestaan, maar net Viljoen kon dit glo bekostig.

Jordaan word sedertdien aangehou.

Viljoen se ouers en ander familie het hom gister huilend by die hof bygestaan.

Beeld verneem Viljoen en Jordaan se eerste baba, ook ’n seuntjie, was net ’n week oud toe hy ook dood is.

Sy dood is glo destyds beskryf as ’n wiegiedood.

Die twee beskuldigdes sal weer op 6 Junie in die streekhof in Vanderbijlpark verskyn.

Steyn het gesê die lykskouing het aangedui Ethan se dood was te wyte aan ’n aangebore hartdefek.

“Die paartjie word egter van kindermishandeling aangekla van die geboorte van die baba tot en met die dag van sy dood weens beserings wat hy in dié tyd opgedoen het.”