Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 75%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 12.9mm


Humiditeit 72%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 5.5mm


Humiditeit 66%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuus

Budd onttrek aan Comrades oor griep

Deur Sarel van der Walt Vrydag 31 Mei 2013 2:21 vm.

Durban. – Zola Budd het haar gisteroggend weens griep aan oormôre se Comrades-wedloop onttrek.

Sy het op doktersadvies besluit om nie deel te neem nie. “Ek wil nie kanse waag nie,” het sy gesê.

Budd het gehoop om in haar tweede Comrades ’n silwermedalje los te hardloop en die wedloop in minder as 7 uur en 30 minute af te lê – meer as 40 minute vinniger as verlede jaar.

Intussen het die mediese hoofbeampte van die wedloop atlete gewaarsku om genoeg vloeistof in te neem en hulself sover moontlik koel te hou tydens die wedloop.

Die verwagting is dit sal tot 28 °C wees met ’n sterk noordwestewind. Die wedloop word oor ’n afstand van 86,863 km van hier tot in Pietermaritzburg gehardloop.

Meer as 15 000 atlete sal na verwagting voor Durban se stadsaal wegspring.

Die atlete het 12 uur om die wedloop te voltooi.

Dr. Jeremy Boulton, wat aan die hoof staan van die mediese tent by die eindpunt, het gistermiddag op ’n mediakonferensie gesê atlete behoort “meer vloeistof as op ’n koel dag in te neem, maar hulle moet dit nie oordoen en te veel inneem nie”.

“ ’n Geraamde riglyn is nie meer as 500 ml per uur nie, maar dit hang van die individu af,” het Boulton gesê.

Hy het atlete aangeraai om hulself ook gereeld nat te gooi.