Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 2.7mm


Humiditeit 49%

Sondag


29°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 35%

Maandag


33°C / 18°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Dinsdag


28°C / 19°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Woensdag


27°C / 17°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Donderdag


28°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Nuusflitse
Ocean Basket moet sy vis regkry op spyskaart Eugene de Kock kry parool Man kry toesig oor babas van surrogaatma’s Bloemfonteinse polisieman sterf in motorfietsongeluk Ontvoerde Duitsers in Paraguay dood gevind Van Breda's: Vriendin van gesin neem haar eie lewe Bedfordsentrum: Transito-baasbrein vas Treinwa ontspoor in Kaapstad Rentekoers bly onveranderd Max du Preez kry nuwe ‘tuiste’ Vrou in haar Witbank-huis aangeval ​Gene Hackman-gerugte is onwaar AirAsia-ramp: Mede-vlieënier het vliegtuig gevlieg Islamitiese Staat verleng sperdatum vir terroris se vrylating Thomas Ferreira se lewe 'beëindig' - landdros Bylmoorde: Pa was bekommerd oor misdaadsituasie ​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog
Nuus

Kind sterf by pretpark

Deur Lunga Biyela, Annzra Naidoo, Gabisile Ngcobo Vrydag 31 Mei 2013 02:26

Pietermaritzburg. – Wat ’n pret-uitstappie vir laerskoolleerlinge na die jaarlikse Royal Show moes wees, het gister in ’n tragedie geëindig toe ’n vyfjarige seuntjie op een van die pretritte dood is.

Simphiwe Mbense, ’n leerling aan die Kwanoshezi Primary School, is deur een van die ander pretritkarretjies teen die kop getref toe hy regop gestaan het in die karretjie waarin hy gesit het. Hy is op die toneel dood verklaar nadat paramedici hom nie weer kon bybring nie.

Simphiwe was een van 45 leerlinge van die skool wat saam met drie onderwysers na dié skouterrein is vir die uitstappie.

Die seuntjie is deur sy pa, Sibusiso Mbense, beskryf as ’n baie lewenslustigte kind wat graag gespeel het.

Mbense sr. het van die werk af na die skouterrein gejaag toe hy tyding van die ongeluk gekry het.

Hy het gesê van wat hy gehoor het, was die ongeluk niemand se skuld nie.

“Ek was nie daar nie, ek het niks gesien nie. So, ek kan niemand blameer nie,” het hy gesê.

Simphiwe was die jongste van sy en sy vrou, Mpumelelo, se twee kinders. Sy sussie is 19.

Pias Muvah, ’n assistent by die pretpark, het die ongeluk sien gebeur.

“Die seun het opgestaan terwyl die rit gedraai het en is teen die kop getref.”

Lt. Joey Jeevan, polisiewoordvoerder, het gesê net na die ongeluk gebeur het, is die pretrit gestop en is die ER24-nooddiens ontbied.

Toe Mbense by die toneel aankom, was sy ontroosbaar. Sy het op die grond neergeslaan en geskreeu toe die polisie haar van haar seun se dood in kennis gestel het. Sy kon nie op haar eie staan nie en moes deur ’n polisieman regop gehou word.

Zabelo Basi, skoolhoof, het gehuil toe sy oor Simphiwe gepraat het, wat sy baie goed geken het en as die slimste in sy klas beskryf het.

Sy het gesê sy het gisteroggend ’n oproep van ’n onderwyser gekry dat hulle veilig by die skouterrein aangekom het. Nie lank daarna nie het sy ’n angswekkende oproep gekry dat daar ’n ongeluk was.

Sy het uit die vergadering waarmee sy besig was gestap en haar na die terrein gehaas, terwyl sy al die pad gehoop dat Simphiwe sou oorleef.

Sy het gesê hy was die eerste om vir die uitstappie te betaal en was ook gisteroggend eerste by die skool.

“Ek het dit regtig nie verwag nie. Ons is steeds stomgeslaan.

“As skool is ons daarop gefokus om te sorg dat voertuie waarmee ons die kinders vervoer padwaardig is . . . maar min het ons geweet watse krisis vir ons by die skou wag,” het Basi gesê.

Sy sal die nuus vanoggend aan die ander kinders van die skool breek, het sy gesê en belowe dat daar beraders sal wees om Simphiwe se medeleerlinge by te staan.