Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


23°C / 14°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Dinsdag


23°C / 13°C

Wind 17km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 60%

Woensdag


23°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 81%

Nuus

Nee aan sakeman ‘is nie oor ras’

Deur Piet Matipa Vrydag 31 Mei 2013 2:09 vm.

Die aanbod van Andrew Shabalala, ’n sakeman van Pretoria, op ’n eiendom in Kleinfontein, die eksklusiewe Afrikaner-gemeenskap oos van Pretoria, is van die hand gewys.

“Dit het niks met ras te doen nie, sy aanbod was net te laag,” het Tinus Myburgh van die Kleinfontein Spaar en Krediet Korporatief Beperk (KKB), wat basiese bankdienste aan inwoners van Kleinfontein lewer, gister gesê.

Shabalala het ’n aanbod op die eiendom gemaak nadat dit volgens Myburgh ná hofsake teruggeneem is van die vorige eienaar, wat agterstallig was met sy lening.

Shabalala het op 9 Mei aangebied om die huis te koop vir R160 000, het Myburgh gesê. SundayWorld het egter die naweek berig die aanbod was R182 400. Beeld kon Shabalala nie gister bereik nie.

Shabalala het aan dié Sondagkoerant gesê hy was bereid om sy aanbod tot R250 000 op te stoot.

Myburgh het gesê die KKB het sy aanbod verbeter.

Hy het egter nie uitgewei oor hoeveel die KKB op die tafel gesit het nie. “Dit is nie belangrik nie.”

Die KKB se aanbod is aanvaar en Shabalala s’n laat vaar.

“Die eiendom was baie meer werd as wat hy aangebied het,” het Myburgh gesê.

Dié “kultuurdorp” vir Afrikaners van 720 ha maak die afgelope ruk opslae.