Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 5.3mm


Humiditeit 57%

Vrydag


22°C / 13°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Maandag


25°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 8.1mm


Humiditeit 76%

Nuusflitse
Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help Seepunt: Telkom Direct is beroof Tweede tienermeisie sterf ná skietvoorval by skool 'Hiernamaals is te voorskriftelik' Regter maak prostituut stil in Dewani-saak Thailand gooi seksofferhande weg Senzo Meyiwa se moordenaars steeds op vrye voet Marcia Strassman sterf aan borskanker Demetri Catrakilis deel sy wenresep Noordwes: Boere skiet plaasaanvallers dood
Nuus

Rand duik, al pleit JZ

Val deur R10-vlak toe hy oor myne praat

Deur Jan de Lange Vrydag 31 Mei 2013 2:24 vm.

Bron: Bloomberg

Die rand het deur die sielkundig belangrike weerstandvlak van R10 teenoor die Amerikaanse dollar verswak, letterlik terwyl pres. Jacob Zuma gister besig was om die wêreld te verseker dat arbeidsverhoudinge in die mynbedryf gaan stabiliseer.

Die president het ’n spesiale mediakonferensie in Pretoria gehou oor die verswakkende ekonomie en stappe aangekondig om arbeidsverhoudinge in die mynbedryf reg te ruk.

Ontleders het daarna gesê die insinking in die wisselkoers was omdat daar verwagtinge was dat Zuma tasbare stappe sou aankondig, maar hy het die mark teleurgestel.

“Daar was eenvoudig nie genoeg besonderhede in sy aankondiging om gerusstellend te wees nie,” het Mohammed Nalla, strategiehoof van Nedbank Capital, gistermiddag gesê.

Later gister het aan die lig gekom die regering se begrotingstekort sal in die huidige boekjaar groter wees as wat verwag is. Dit was volgens Nalla “die strootjie wat die kameel se rug gebreek het” wat die land se geldeenheid vir die eerste keer sedert Maart 2009 deur die vlak van R10 laat verswak het. ’n Dollar was teen gisteraand R10,03 werd.

Zuma het op die mediakonferensie die versekering gegee dat die regering onpartydig is in die werwingstryd tussen die National Union of Minework-ers (NUM) en die Association of Mining Construction Union (Amcu).

In dieselfde asem het Zuma egter gesê Amcu is ’n nuwe vakbond wat “nie die gevestigde raamwerk vir arbeidsverhoudinge ken en respekteer nie”.

Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het verlede week op ’n minikongres van die NUM in Irene buite Pretoria gesê die “magte” wat die NUM ontwrig, “het een doel voor oë: om die ANC uit die regering te lig”.

Zweli Mkhize, premier van KwaZulu-Natal en die ANC se tesourier-generaal, het by dieselfde geleentheid ook teen Amcu te velde getrek.

Zuma het egter gister gesê die regering kies glad nie kant in sy hantering van die arbeidsorganisasies in die mynbedryf nie. Volgens hom het die ANC se alliansievennootskap met Cosatu nog nooit tot onbehoorlike of onbillike optrede aan die ANC se kant gelei nie en die ANC was nog nooit as gevolg van die alliansie partydig teenoor politieke vriende of comrades nie.

Hy het daarop gewys dat adj.pres. Kgalema Motlanthe reeds met Amcu vergader het in ’n proses wat verlede week begin is om arbeidsverhoudinge in die mynbedryf te stabiliseer.

Drie kabinetslede, Shabangu, Pravin Gordhan, minister van finansies, en Mildred Oliphant, minister van arbeid, is ook by die proses betrokke.