Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Skoolmeisies toets tegnologie

Deur Fanie van Rooyen Vrydag 31 Mei 2013 1:53 vm.

’n Groep skoolmeisies van Pretoria het wetenskaplikes van die WNNR gister gehelp om tegnologie vir die Digital Doorway-projek uit te toets.

Sowat 30 meisies van onder meer die Pretoria Girls High School, die Hoërskool Menlopark en die Hoërskool Willowmore het die WNNR vir Cell C se nasionale Bring ’n meisiekind werk toe-dag besoek.

Navorsers van die WNNR se Meraka-instituut het hulle toe genooi om met verskillende tabletrekenaars te speel om koordlose tegnologie te toets wat met die Digital Doorway-projek kinders in afgeleë gebiede sal help.

Die Digital Doorway-projek behels ’n reeks enkelvertrek-tegnologiese sentrums in afgeleë gebiede en townships waarin daar telkens drie rekenaars gelaai met opvoedkundige sagteware in is, waarmee kinders en volwassenes dan al spelende hul rekenaarvaardighede kan ontwikkel.

Die volgende stap in die projek is volgens Ronel Smith, senior navorser by Meraka, om koordlose tegnologie en tablette in die Digital Doorways beskikbaar te maak.

“Ek het nog net vriende se tabletrekenaars gesien. Om self met een te kan speel, is vir my iets nuuts,” het Nthabiseng Malematja (15) van Willowmore gesê.

Grethen de Waal (16) van die Pretoria Girls High het gesê sy is gewoond aan slimfone, maar ken nie regtig tablette nie.

“Dis koel dat hulle kinders in afgeleë gebiede aan dié tegnologie wil blootstel. Ek is bly ek kan die idee help ontwikkel.”

“Ons wil die Digital Doorways met Wi-Fi – aangedryf deur sonpanele – toerus en tablette verskaf sodat kinders en volwassenes in afgeleë gebiede met dié toestelle kan leer werk,” het Smith gesê.

“Toe ek hoor hier kom ’n klomp skoolmeisies vir ons kuier, het ek gedink dit is die ideale geleentheid om te bepaal hoe gebruikersvriendelik dit is en om te kyk of die opvoedkundige sagteware op die bediener op al die verskillende tablette werk.”

Nadat die meisies met die tablette gespeel het, moes hulle vorms invul om terugvoering aan die navorsers te gee oor wat nie gewerk het nie of moeilik was om te verstaan.

“Ons sal die terugvoering gebruik om al die kreukels uit te stryk voordat ons die Digital Doorways met tablette toerus.”