Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 29km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 71%

Nuusflitse
Vrou sterf toe vragmotor op haar motor rol ‘Ebola-chaos’ by Beitbrug Man vas wat huishulp aanrand Man aangekeer wat katte vir dwelmsmokkelary gebruik Universiteite breek bande met Bill Cosby Dief steel lykswa met lyk steeds binne in Matriekmeisie gee geboorte voor skool, los glo baba Seun op soek ná wolkbreuk Hoë risiko vir beurtkrag dié naweek Kaapse man steek glo vrou in Auckland dood 'Pop trek Steve Hofmeyr se toutjies' Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer
Nuus

‘Slange is nie boos’

Kom hou hulle vas, nooi sy mense

Deur Lourensa Eckard Vrydag 31 Mei 2013 1:51 vm.

In Lindiwe Mngomezulu se huis in Vilakazistraat, Soweto, is ses glaskaste, elk met ’n lig, ’n kombers en ’n bak water.

In sommige van die kaste lê Birmaanse luislange, koringslange en ’n baba-anakonda.

Daar is Simba, ’n Birmaanse luislang, Landiwe, ’n gewone luislang, Chocki, ’n baba Birmaanse luislang, Tiki, ’n likkewaan, Pikinini, ’n koringslang, Cola, ’n albino-luislang en Dion, ’n baba-anakonda.

“Ek was nog nooit bang vir slange nie,” sê Mngomezulu met Cola, haar albino-luislang, om die nek.

Sedert Mngomezulu haar dogter Lwandile (19) vyf jaar gelede sirkus toe geneem het, is ma en dogter dol oor slange. “Lwandile het ’n vrou met slange gesien en dadelik op haar afgestorm en gevra of sy die slange kan vashou.”

Die slange seil vrylik in haar huis rond en sy laat hulle ook haar motor se agtersitplek lê wanneer sy gaan inkopies doen. “Niemand het al my motor probeer steel nie.”

Mngomezulu wil graag nog slange koop, maar moet eers daarvoor spaar, het sy gesê.

“Al my spaargeld word gebruik vir die slange se kos.”

Die R10 wat sy vir toeriste en lede van die gemeenskap vra vir ’n toer en ’n kans om die slange vas te hou, is haar enigste inkomste.

Sommige mense in die gemeenskap is egter te bang om selfs verby haar huis te loop.

“Mense het aanvanklik gedink ek is ’n heks. Swart mense het baie bygelowe oor slange,” het Mngomezulu gesê.

Sy hoop om die gemeenskap te leer dat slange nie boos is nie, het sy gesê.

“As jong kinders by my kom en my ’n heks noem, nooi ek hulle in om na die slange te kom kyk en hulle vas te hou. Dan sien hulle hoe mooi die slange is.”

Mense in die straat het begin skree en weggehardloop toe sy tydens Beeld se besoek met Cola uit die huis gestap het.

Eunice Sibeko, ’n inwoner van Vilakazistraat, het gesê: “Ek is bang vir slange. Ek kan soms nie snags slaap as ek verby haar huis is nie.”