Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Tieners en seks: ‘Wet het nie sin’

‘Verbied iets wat algemeen is’

Deur Pauli van Wyk Vrydag 31 Mei 2013 2:04 vm.

Móét kinders tussen 12 en 16 wat instemmende seks het, strafregtelik vervolg word, of is daar minder beperkende metodes, het hoofregter Mogoeng Mogoeng gister daarop aangedring om te weet.

Adv. Vincent Maleka SC vir die minister van justisie en die nasionale direkteur van openbare vervolging het klei getrap, maar ná vele vrae van die nege regters van die konstitusionele hof gesê: “Die wet leer kinders en ouers dat die besluit oor seksuele dade uitgestel moet word tot wanneer die kind reg is daarvoor.”

Dié kwelpunt is gister in diepte bespreek nadat die Teddy Bear-kliniek vir mishandelde kinders en Rapcan gevra het dat die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria, wat die definisie van “seksuele penetrasie” en dele van die Wet op Seksuele Oortredings ongrondwetlik verklaar het, bekragtig moet word.

Maleka het dit teengestaan en aangevoer die wet is nie ongrondwetlik nie, maar regter Sisi Khampepe het gesê sy verstaan nie hoe dit behoorlik kan wees om die natuurlike ontwikkeling en eksperimentering van tieners te kriminaliseer nie.

Adv. Steven Budlender vir die Teddy Bear-kliniek en Rapcan het gesê Maleka sukkel om te antwoord omdat daar geen bewyse is nie.

“Die enigste bewyse voor die hof is dat die wet nie net gesonde seksuele gedrag onder tieners verbied nie, maar ook riskante seksuele gedrag onder tieners vererger.”

Dit omdat tieners getraumatiseer is deur die regsproses, omdat hul normale seksuele ontwikkeling as misdadig afgemaak is en omdat hulle nie hul ouers of beraders kan nader om hulp nie uit vrees dat dié hulle verkla.

Die wet het van enigiemand wat kennis dra van so ’n “misdaad” vereis om dit aan te meld of die risiko te loop om tot vyf jaar tronkstraf gevonnis te word. Dit het ook beteken dat tieners toegang het tot kondome en voorbehoedmiddels, asook die reg het om ’n aborsie te kry, maar nie mag seks hê nie.

Regter Thembile Skweyiya het gesê ’n wet het geen sin as dit iets verbied wat in die werklikheid algemeen is nie.

“Dit wil my ook lyk dit is ’n saak wat in die konteks van ’n gesin en ’n gemeenskap gelaat moet word; dis dalk ’n kwessie van opvoeding.”

Uitspraak word voorbehou.

Dít is steeds oortredings

• Nie-instemmende seks en seksuele dade met kinders onder 12 bly ’n ernstige en strafbare oortreding;

• Die ouderdom van 16 waarop ’n tiener regtens kan instem tot seks, sal nie verander nie; en

• Enigiemand bo 18 is skuldig aan statutêre verkragting as hy/sy seks het met ’n tiener van 12 tot 16 en sal vervolg word.

Wat regter moet besluit:

• Twee tieners tussen 12 en 16 kan albei van statutêre verkragting aangekla word wanneer hulle instemmende seks het. Die deel is onderhewig aan die regters se besluit.

• Applikante vra ook dat ’n verdediging in die wet gebou word dat ’n tiener tussen 16 en 18 met ’n kind tussen 12 en 16 instemmende seks kan hê as die ouderdomsverskil nie meer as twee jaar is nie.