22 Mei 18:05
14°C / 28°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 14°C

Wind 11km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Saterdag


19°C / 12°C

Wind 12km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 82%

Sondag


22°C / 11°C

Wind 15km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 75%

Maandag


18°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 80%

Woensdag


20°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Nuus

Vonke spat in landboubegrotingsdebat

Deur Jan-Jan Joubert Vrydag 31 Mei 2013 02:07

Kaapstad. – Die vonke het behoorlik gespat in die parlementêre landbou-begrotingsdebat en daar was sterk aanduidings oor die vurige stryd wat in volgende jaar se verkiesingsveldtog tussen veral die DA en Cope as opposisie en die ANC voorlê.

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, het eergister ’n begroting van R6,178 miljard aan die Nasionale Vergadering voorgehou. In ’n toespraak meestal gemik op ANC-kritici wat meen sy beskerm gevestigde boerebelange, het sy voedselsekerheid as grondwetlike reg en deel van menseregte benadruk.

Sy het daarop gewys dat 12 miljoen Suid-Afrikaners te min toegang tot kos het. Dis 22,7% van die bevolking wat honger ly ondanks die land se teoretiese voedselsekerheid.

Die afgelope jaar is 35 000 ha meer vir landbouproduksie aangewend en 54 000 nuwe landbou-werkgeleenthede geskep vergeleke met verlede jaar.

Joemat-Pettersson het verlede jaar se Bolandse wingerdopstande as “ontstellend, ontwrigtend en belangrik” bestempel en alle betrokkenes gevra om in landsbelang saam te werk.

Haar departement het ’n ongekwalifiseerde finansiële oudit ontvang, maar sy het toegegee siektebestryding en sommige provinsiale landboudepartemente se vertoning is kommerwekkend.

Annette Steyn, DA-LP, het gesê Joemat-Pettersson gee meer om vir die ANC as vir voedselsekerheid. Sy het die ouditeur-generaal se kritiek op Joemat-Pettersson se gebrekkige kommunikasie met amptenare, die bevindings van minagting van die hof teen die minister en geldvermorsing deur die departement opgehaal en gesê die minister moet bedank. Hierin is sy sterk gesteun deur Cope se Nqaba Banga en Deidre Carter, wat onder meer gewys het op die dramas om haar en teen watter koste topamptenare verwissel word.