Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 25.8mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 2.7mm


Humiditeit 74%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


30°C / 18°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Vrou wat seuntjie doodry gebroke

‘Sy moes beter gekyk het’

Deur Susan Cilliers Vrydag 31 Mei 2013 2:20 vm.

Barend Porter (4), wat eergister by sy skool in Koster doodgery is, word Maandag saam met sy oumagrootjie in dié Noordwes-dorp begrawe.

Marie Klopper (81) is vroeër vandeesweek aan natuurlike oorsake dood, het Katryn Porter, Barend se ma, gister vertel.

Blanche Terblanche van Koster, wat Barend en sy sussie, Angelique (7), met haar bakkie omgery het, verskyn Maandag in die plaaslike landdroshof op ’n klag van strafbare manslag.

Haar dogter, Celeste, het gister vertel haar ma is so erg gebroke omdat sy Barend en sy sussie per ongeluk raak gery het dat sy omtrent nie kan staan nie.

Angelique is lig beseer, maar haar boetie het op die toneel aan kopbeserings beswyk.

Terblanche het haar kleinkind eergister by die Koster Gekombineerde Skool gaan haal toe sy volgens die polisie ’n U-draai gemaak het waar die Porter-kinders op hul ma op die skoolterrein gewag en gespeel het. Sy het die kinders nie gesien nie, het kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, gesê.

Chris Scholtz, die kinders se oom, het gesê hy ken Terblanche so goed dat hy haar “moeder” noem. “Ek was die middag van die ongeluk by haar en het haar ’n drukkie gegee. Sy het aanmekaar gehuil en oor en oor gesê sy is jammer.”

’n Emosionele Katryn Porter het gister gesê die gesin voel Terblanche moes beter gekyk het waar sy ry. Die Porter-kinders het glo altyd op hul ma gewag op die plek waar hulle raak gery is. Angelique het volgens ooggetuies onder die bakkie deur na haar boetie gekruip om hom te probeer help nadat hulle albei getref is. “Sy is orraait, maar sy praat nie eintlik nie.”

Die ongeluk het net voor 14:00 gebeur. Die kleiner kinders, onder wie Barend en Angelique, kom al 13:00 uit die skool, terwyl die groter kinders 14:00 uitkom, het ’n ouer vertel.

Volgens haar was die skoolverkeer nog nie so druk toe Barend en Angelique raak gery is nie. Verskeie ouers het by Beeld gekla dat daar nie behoorlik beheer by die skool is oor kinders en die beweeg van voertuie wanneer die skool uitkom nie. Dawie Naudé, skoolhoof, het dit ontken en gesê ouers moet die saak met hom opneem.

• Barend en sy oumagrootjie word uit die Hervormde kerk begrawe. ’n Roudiens word 08:00 vir Barend by die skool gehou.