Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 72%

Donderdag


21°C / 14°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

Cheetahs-minagting soos rooi doek voor Bulle

Deur Marco Botha Saterdag 01 Junie 2013 12:19 vm.

Die Cheetahs moet liefs gesien en nie gehoor word nie.

Want wat hulle vandeesweek als gesê het, sal vandag soos ’n rooi doek voor die Bulle wapper.

Dié spanne pak mekaar vanaand in die Vrystaat-stadion. Albei wil natuurlik wen, maar hul plan daarvoor verskil hemelsbreed.

Toe Frans Ludeke, Bul-breier, vandeesweek oor die wedstryd gepols is, het hy gesê die Bulle moet hul teenstander “altyd respekteer en 100% fokus op wat dit verg om juis teen hom te seëvier”.

Want, het Ludeke bygevoeg, “ons almal weet hierdie is nie dieselfde Cheetahs-span as in vorige jare nie”.

Hierdie benadering verskil geweldig van dié van sy ampsgenoot, Naka Drotské. Die Cheetahs-afrigter het vandeesweek gesê sy spelers gaan aan die Bulle geen agting betoon nie.

En hy gaan die besoekers sommer op hul sterkpunt aanvat – die beste lynstaan in Superrugby. Drotské het ook daarop gewys dat hul uitstekende 2013-seisoen ook “ ’n jaar van eerstes” is. En die grootste veer in daardie hoed sal wees as hulle die Bulle vandag vir die eerste keer nóg in Superrugby kan klop.

Dit is heel moontlik, selfs al het die Ligbloues die Cheetahs vanjaar al twee keer gewen – een keer in die voorseisoen in Polokwane en toe op Loftus.

Dit ly steeds min twyfel dat die Cheetahs vanjaar bra baie bek én binnegoed het. Maar dit is geweldig riskant om “lynstane”, ’n “jaar van eerstes” en ’n “gebrek aan agting” te wapper voor ’n rugbyspan wat al drie Superrugby-titels gewen het.

Die Haaie het verlede week in die media presies dieselfde gedoen toe hulle die Bul-wedstryd geteiken het as die een waarmee hulle hul sukkelseisoen sou omdraai. Selfs al het hulle die Ligbloues vroeg-vroeg met ’n knyptang op ’n aardige plek beet gehad, het die Bulle teruggeslaan en met 18-16 gewen.

Na verneem word, het daardie grootmond-opmars van die Haaie na die wedstryd die Bulle liederlik omgekrap.

Agting wen wedstryde. Minagting is ’n rooi doek.