Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Foto ontstel Oscar se span

‘Ons sien dit dan nou eers’

Deur Hilda Fourie Saterdag 01 Junie 2013 12:28 vm.

Terwyl dit vir Oscar Pistorius se regspan “ontstellend” is dat van die moordtoneelfoto’s aan die media uitgelek het, pla dit die nasionale vervolgingsgesag (NVG) min.

SkyNews het gisteroggend ’n video op sy webwerf geplaas met foto’s van die toneel waar die lemnaeler sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag geskiet het.

Een van die foto’s wys die toilet waarop Steenkamp gesit het toe sy geskiet is.

Bryan Webber, deel van Pistorius se regspan, het gesê dié foto’s hoort nie in die openbare oog nie.

“Dié is die eerste keer dat ons die foto’s sien,” het Webber gesê.

“Ons het seker vyf keer in die afgelope twee maande die NVG vir die foto’s gevra en kon nog nooit toegang daartoe kry nie. Dit is ontstellend dat dit nou in die openbare oog is.”

Op die foto van die bebloede toilet kan ’n mens die toiletdeur sien waaruit ’n paneel weg is.

Pistorius het in Februarie tydens sy borgtogaansoek in die Pretoriase landdroshof gesê dat hy van die deur se panele uitgeslaan het nadat hy besef het dit kon Steenkamp agter die badkamerdeur wees.

Dié foto kon geneem gewees het toe die polisie vier dae ná die moord op die toneel was.

Die deur is toe verwyder en as bewysstuk saam met hulle geneem. Die polisie was weke later saam met Pistorius se regspan by die huis om die deur terug te sit sodat die verdediging se kundiges hul ondersoek kon doen. Die deur is daarna wéér deur die polisie verwyder.

Op die SkyNews-video  is daar nóg foto’s van vertrekke in Pistorius se huis in die Silver Woods-landgoed, in die ooste van Pretoria, wat bloedspatsels wys.

Medupe Simasiku, woordvoerder van die NVG, het gesê hulle gaan nie kommentaar op die video lewer nie, “want dit pla ons nie”.

Simasiku het gesê die NVG se fokus bly op die saak.

Brig. Phuti Setati, nasionale polisiewoordvoerder, het ook gesê ondanks die video bly hul fokus op die saak.

“Die polisie se ondersoek rakende die Pistorius-saak is in ’n gevorderde stadium. Niks gaan ons aandag aftrek of die fokus afhaal van die saak nie.”

Volgens hom weet die polisie nie wat die oorsprong van die foto’s is nie.

Hulle sal ook nog besluit of dit ’n ondersoek regverdig of nie.

Webber het gesê hulle het navraag by die NVG gedoen om uit te vind hoe die foto’s aan die media gelek is.

Anneliese Burgess, die Pistorius-familie se woordvoerder, wou nie kommentaar lewer nie.