Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 15°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


24°C / 13°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Dinsdag


18°C / 11°C

Wind 24km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 76%

Nuus

Grond: Fokus skuif

Staat wil swart boere nou eerder só help

Deur Jan-Jan Joubert Saterdag 01 Junie 2013 1:12 vm.

Kaapstad. – Die staat se fokus met grondhervorming het verskuif van die najaag van die teiken om 30% van grond in swart besit te hê na ’n doelwit om plase met nuwe swart boere te laat werk.

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gister in die parlementêre debat oor sy begrotingspos gesê die teiken van herverdeling van 30% van bewerkbare grond het sy departement se doelwitte die laaste paar jaar verkeerdelik oorheers.

“Ons het te veel geld uitgegee op die aankoop van grond en nie genoeg geld aan die opleiding en ondersteuning van swart boere besteenie.

“Met die uitvaardiging van die Wet op Naturellegrond in 1913 is die klein maar groeiende en suksesvolle swart kommersiële boerderyklas willens en wetens vernietig,” het hy gesê.

“Daardie vaardighede moet nou opnuut aangeleer word. Die regering het dus besluit om die klem daarna te verplaas om die plase waarvan eienaarskap reeds verwissel het te maak werk.

“Die regering wil voorts nie hê vanjaar se 100-jarige herdenking van daardie wet moet in ’n bakleiery verval nie.”

Nkwinti het die belangrikheid van voedselsekerheid benadruk en gesê baie wit boere staan sy departement by in die opleiding van swart boere.

Hy het ook op verskeie suksesse in landelike ontwikkeling aanspraak gemaak, waarvan die nuwe Mandela-brug oor die Basheerivier in die Transkei die vertoonstuk is.

Nkwinti het gesê sy departement onderneem ’n projek om landelike swart Suid-Afrikaners se oorvertellings as geskiedenisbron te verewig.

Wat betref die nuwe wetsontwerp wat diegene wat nie teen die vorige afsnydatum in 1998 grondeise ingedien het nie kans gee om dit teen Desember 2018 te doen, het hy gevra dit moet boere nie onseker oor die toekoms maak nie.

“Ons besef die proses is tot dusver administratief verkeerd gehanteer deur my departement, met geen rede vir boere om hul plase in stand te hou of te verbeter as ’n grondeis daarop geregistreer is nie.

“Ons verander nou die stelsel sodat dit vir die wit boer voordelig is om te bly boer nadat ’n grondeis geregistreer is.

“Boere moet ook onthou die registrasie van ’n grondeis beteken nie die eis gaan suksesvol wees nie.

“Wat swart grondeisers betref, vra ek dat hulle geduldig moet wees.

“Hierdie keer doen ons die proses reg en hulle sal inligtingstukke ontvang oor hoe dit werk, maar dit gaan ’n bietjie tyd neem.”

Bob as ‘stryder teen Britte’ geloof

Kaapstad. – Oë het gister in die parlement gerek toe Gugile Nkwinti, gewoonlik bedaarde minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê het dit is vir hom ’n voorreg om met pres. Robert Mugabe van Zimbabwe vergelyk te word.

Hy het later aan Beeld gesê hy bewonder Mugabe vir sy tydperk as stryder teen Brittanje en nié as grondhervormer nie.

Die herrie spruit uit Nkwinti se begrotingsdebat waartydens Pieter Groenewald, VF+-LP, gesê het die land kan ’n volgende Zimbabwe word.

In sy repliek het Nkwinti gesê: “Pres. Robert Mugabe is nie president van Suid-Afrika nie. Pres. Jacob Zuma is ons president en die situasie verskil.

“Maar ek is trots daarop om met Mugabe vergelyk te word. Mugabe moes regstel wat Brittanje aan Zimbabwe gedoen het. Ek word eerder met hom vergelyk as met die Britte, wat Zimbabwiërs uitgemoor het.”

Nkwinti het later erken hy het oorreageer. “As grondhervormer vind ek hom glad nie nastrewenswaardig nie.

“Ons sal hom nie navolg nie. Suid-Afrika is ’n grondwetlike demokrasie en alle grondhervorming sal binne die perke van die Grondwet geskied. Dit is mos die wesenskern van ons grondbeleid en dit is ons oortuiging.” – Jan-Jan Joubert