04 Julie 18:17
11°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 11°C

Wind 21km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Maandag


16°C / 11°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 19km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 67%

Woensdag


16°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 83%

Donderdag


16°C / 13°C

Wind 32km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 82%

Vrydag


17°C / 12°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Nuus

Liefling Liza loop oor van vreugde

Deur Lourensa Eckard Dinsdag 04 Junie 2013 00:24

Die sangeres Liza Brönner.

Terwyl TV-kykers Sondagaand gehoor het Liza Brönner is die nuwe Liefling in die gelyknamige musiekblyspel het dié sangeres gereed gemaak om op die Staatsteater se verhoog te stap daarvoor.

Brönner is in die kykNET-werklikheidsreeks Jy is my Liefling vir die rol gekies. Die laaste episode is eergisteraand uitgesaai. Tog het dit nog nie by haar ingesink nie.

“Ek kan dit nie glo nie, maar my hart loop oor van vreugde.”

Sy speel in die musiekblyspel teenoor Bobby van Jaarsveld, wat die rol van Jan vertolk.

Brönner het gesê haar man, die sanger Ricus Nel, is baie trots op haar.

“Ek het die beste man ooit, hy ondersteun my heelpad.”

Kort ná die uitsending het Nel getwiet: “So trots op my vrou en natuurlik my vriendjie Bobby van Jaarsveld.”

Volgens Brönner is die tonele waar sy en Van Jaarsveld soen minder ongemaklik omdat sy hom ken. “Dit is vir ons albei maklik om in ons karakter in te klim en die rolle van Jan en Liefling vertolk. As ek op die verhoog is, is ek Liefling, nie Liza nie.

“Dit is onmoontlik om nie chemistry te hê as jy hierdie karakters vertolk nie.”

Sy leer baie by Van Jaarsveld, het Brönner gesê. “Dit is vir my baie lekker om saam met hom te werk. Hy is baie professioneel en hy werk baie hard.”