Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Reeva, Oscar saam 3 dae ná sy en Bul uitmekaar is

Deur Lourensa Eckard, Pauli vanWyk, Fanie van Rooyen Woensdag 05 Junie 2013 11:59 nm.

Reeva Steenkamp het van Oktober 2012 tot vroeg in Januarie 2013 glo steeds “aan en af” met Francois Hougaard uitgegaan.

Iemand in Hougaard se vriendekring het aan Beeld gesê Steenkamp was net twee weke nadat sy verlede jaar ’n troue saam met Hougaard bygewoon het, saam met Oscar Pistorius by die Suid-Afrikaanse sporttoekenningsaand. Dit was Steenkamp en Pistorius se eerste openbare verskyning.

Pistorius, wat teregstaan weens die moord op Steenkamp, het in Desember ’n foto getwiet van ’n swembad en bygesê dat hy die dag in die son saam met onder andere Steenkamp deurgebring het.

Steenkamp en Hougaard het in daardie tyd steeds tyd saam deurgebring.

Oor die troue wat Hougaard en Steenkamp saam bygewoon het, sê die bron dat hulle “ ’n baie oulike paartjie” was. “Ek het met Reeva gesels en sy het gesê Francois is ’n baie oulike ou, maar dat hulle dit rustig vat.”

Hougaard het gister by monde van Lorinda Voges, sy woordvoerder, weer gesê hy wil geen kommentaar oor sy verhoudings met Oscar Pistorius of Reeva Steenkamp lewer nie en dat bespiegeling dat hy ’n getuie in die moordverhoor gaan wees, “bloot gerugte” is.

Voges wou nie sê of dit beteken dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) Hougaard nog nie genader het om te getuig nie.

Pistorius en Hougaard het basies dieselfde vriendekring, het die bron gesê.

“Oscar het geweet Reeva gaan uit met Francois en toe sy amptelik vir Oscar begin sien het, wat seker so drie dae was nadat sy en Francois uitmekaar is, het Francois ook daarvan geweet,” het die bron gesê.

Volgens die bron kuier Hougaard gereeld in Johannesburg in dieselfde plekke waar Pistorius gereeld uitgehang het.

Pepi Dimevski, die eienaar van SA Hardcore Tattoos in Parkhurst, het gesê hy dink nie Pistorius en Steenkamp het saam gehoort nie.

Terwyl Steenkamp nog saam met Hougaard was, het sy die tattoe "lioness" laat tattoeëer. Dié het sy by  Dimevski  laat doen, wat vir jare lank 'n vriend van haar was. 
"Omtrent twee maande voor haar dood het sy die woord "lioness" aan die binnekant van haar linker-enkel laat tattoeëer en 'n foto daarvan op Instagram gesit," het Dimevski gesê. 
"Ek kan nie onthou dat ek gevra het waarom nie." 
Hougaard het later ook van sy tattoes by dié studio laat doen. 
Dimevski was nooit ten gunste van Steenkamp en Oscar Pistorius se verhouding nie, want hy “was net nie die regte ou vir Reeva nie”. Hy het gedink Oscar is die “presiese teenoorgestelde” van Reeva.