Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 40km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 69%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 5.8mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Nuus

Ervare vlieënier sterf toe hy brand bestry

Maandag 10 Junie 2013 12:47 vm.

Telo Steyn

’n Ervare vlieënier is dood terwyl hy ’n brand in die Piet Retief-gebied in Mpumalanga bestry het.

Telo Steyn (49) het eergistermiddag in ’n Dromader Firebomber water op die vlamme gespuit toe hy in ’n digte rookwolk ingevlieg het.

Nico Pienaar, die eienaar van ’n brandbestrydingsmaatskappy, het gesê Steyn het ’n week gelede vir hom begin werk in Piet Retief.

“Die rook was baie dig. Hy het net verdwyn nadat hy in die wolk ingevlieg het.”

Volgens Pienaar is die wrak van die eensitplek-vliegtuig gevind sowat 20 minute nadat dit verdwyn het.

Jacs van Rooi, ’n vriend van Steyn, het gesê die vliegtuig het klaarblyklik afgetol grond toe en op sy romp tussen klein bloekombome geval.

Van Rooi het gesê Steyn vlieg al meer as 25 jaar lank.

Arlene Botes, een van Steyn se susters, het gesê hy was versot op vlieg.

“Vlieg was sy alles. Dit was sy lewe. Hy kon alles onder die son vlieg.”

Steyn was ongetroud en het drie ouer susters. Sy ma, Care (81), woon in Klerksdorp.

Botes het gesê geen begrafnisreëlings is nog getref nie. Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die oorsaak van die ongeluk. – Marietie Louw-Carstens