Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Skare gryp varke ná vragmotor omslaan

Donderdag 13 Junie 2013 1:14 vm.

’n Skare het eergistermiddag op ’n omgeslane vragmotor met varke net buite Badplaas afgestorm, die diere gegryp en met hulle weggehardloop.

Petro Oosthuizen, ’n inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging in Middelburg, het gister gesê die vragmotor was met 139 varke op pad na ’n abattoir in Barberton toe dit omstreeks 14:00 buite Badplaas omgeslaan het.

Mpumalanga se veeartsenydienste het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in kennis gestel.

Volgens Oosthuizen is die bestuurder van die vragmotor ernstig beseer en na ’n hospitaal gebring.

Sy het gesê 53 beseerde varke is deur haar en vier van haar kollegas van kant gemaak. Die eienaar van die varke, van die Vryheid-omgewing, is intussen van die ongeluk ingelig.

“Ons het besluit om by die res van die varke op die eienaar te wag.”

’n Geskokte Oosthuizen het gesê skielik, “asof vanuit die niet”, het ’n skare mense op die varke toegesak.

Van die diere is aan hul agterpote opgetel. Ander is weggesleep.

Al die varkkarkasse en 86 lewendige varke is weggedra.

Die polisie, wat in die omgewing was, het glo niks gedoen nie.

“Ons het hulle gesoebat om ons te help om die varke te beskerm, maar hulle het gesê hulle kan niks teen so ’n oormag doen nie.” – Elise Tempelhoff