Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Sondag


22°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 62%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


24°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Nuus

Drakies sing vir maat in hospitaal ná padongeluk

Deur Pauli van Wyk Vrydag 14 Junie 2013 1:00 vm.

Leerlinge van die Drakensbergse Seunskoor het gister plek-plek aan ’n knop in die keel gesluk toe hulle vir ’n maat in die hospitaal gesing het.

Dean Cronjé (12), ’n sopraan in die koor, het ’n botsing op 30 April oorleef toe die skool se toerbus net buite Villiers in die Vrystaat in sy ouers se motor vasgery het.

In net meer as ses weke het Dean genoeg herstel dat hy gister lustig kon saamsing en dans.

“Shosholoza”, Dean se gunsteling, was onder die nege liedere wat die koor van 66 seuns in die Netcare-rehabilitasiehospitaal in Johannesburg se voorportaal gesing het. Tientalle rehabilitasiepasiënte is in rolstoele na die portaal gebring en toe die koor “God seën jou, vriend Dean” gesing en Dean voor hulle gaan staan het, was daar min droë oë.

“Ek het op die pad vir my ma gesê ek wil slaap, en toe ek wakker word, lê ek in die hospitaal,” het Dean gister gesê.

Hy het plat agterin die motor gelê en sy ma, Lilly, glo as dit nie daarvoor was nie, sou hy in die ongeluk omgekom het.

Sy kakebeen is gebreek, sy longe het platgeval, sy lewer, pankreas en niere het seergekry en hy het ’n breinbesering opgedoen. Hy’t ’n letsel in die vorm van ’n hartjie op sy agterkop.

Hy is destyds in die waakeenheid van die Unie-hospitaal in Alberton behandel waarna hy na die rehabilitasiehospitaal oorgeplaas is.

“Ek kon nie lekker verstaan wat hulle sê nie en moes van die Afrikaanse en Engelse woorde van voor af leer. Eers daarna het ek besef hulle sê ek moet rehabilitasie kry.

“Gister (eergister) wou ek nie saamsing nie, ek was so bang ek het alles vergeet. Maar vandag (gister) het al die woorde net teruggekom!”

Na verwagting sal hy heeltemal herstel.