Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Dinsdag


27°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Woensdag


27°C / 17°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Nuus

Inbrake: Vrou se kinders weggevat

Jong ma kry nie borgtog

Deur Riata Nel Vrydag 14 Junie 2013 11:47 nm.

Tamaryn Hatting (27) kry gister ’n drukkie van ’n vrou by die Sasolburgse landdroshof. Foto: Denzil Maregele

Die blonde vrou wat saam met vier tienerseuns aangekla word van huisbraak en diefstal is die ma van twee dogtertjies.

Dié dogtertjies is deur maatskaplike werkers verwyder.

Die ma, Tamaryn Hatting (27), se borgtogaansoek in die Sasolburgse landdroshof het gister misluk.

Sy het verwese in die beskuldigdebank gestaan toe landdros Sandra Sujanani uitspraak lewer.

Die seuns, almal 16 of 17, het gister weer saam met haar in die beskuldigdebank gesit.

Die seuns is almal van Sasolburg en is in hul voogde se sorg.

Die vyf word aangekla in vier sake van huisbraak met die opset om te steel en diefstal.

Hulle is gearresteer nadat ’n bende by talle winkels, ’n skool en ’n tuisnywerheid in Sasolburg ingebreek het.

Die seuns se voogde en ’n man en vrou wat Hatting glo ken, was gister in die hof.

In haar borgtoguitspraak het Sujanani gesê die hof weet nie hoekom en wanneer Hatting se kinders verwyder is nie.

Na verneem word, is die meisietjies onderskeidelik vyf en drie.

Sujanani het gesê Hatting word van ’n ernstige misdaad aangekla én sy het nie ’n vaste adres nie.

Hatting het geen permanente bande of familielede in die omgewing nie.

Volgens Sujanani is gesteelde goedere in Hatting se kamer gekry tydens haar arrestasie. Van die ander gesteelde goedere is aan ’n pandjieswinkel verpand.

Volgens Sujanani het Sonja Odendaal, die ondersoekbeampte, borgtog teengestaan.

Odendaal het gesê vier adresse is opgegee waarvan net drie in Sasolburg bevestig kon word. Dit is die adresse van drie mans. ’n Adres in Orkney is ook opgegee. Hatting was glo in verhoudings met drie van die mans. Die vierde man was net ’n vriend.

Nie een van die mans wou onder eed getuig nie.

Hatting het vir ’n ruk in ’n kamer in die huis van Maria de Wit (52) in Sasolburg gebly.

De Wit het gister in die borgtogaansoek getuig dat ’n vriend Hatting na haar huis gebring het. Hatting het in ’n kamer gebly, maar nie huur betaal nie.

De Wit het gesê dat sy net tot Desember in haar huis kan bly en dan na Pretoria sal verhuis.

Die huis is verkoop.

Die hofverrigtinge is tot 3 Julie uitgestel.