Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 7.8mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Nuusflitse
Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Nuus

Kaartjies, blomme, kerse vir Madiba

Vrydag 14 Junie 2013 11:43 vm.

PRETORIA. – Verskeie boodskappe van beterskap, asook  bosse blomme en brandende kerse is Vrydag by die hoof-ingang van die plaaslike hospitaal waar Nelson Mandela reeds die afgelope sewe dae behandel word, gelaat.

Kleurvolle kaartjies en plakkate waarop boodskappe aan die voormalige staatshoof geskryf is, kan teen die muur langs die ingang na die Medi Clinic-harthospitaal gesien word. Die boodskappe wens deur die bank Madiba sterkte toe en hoop op ‘n spoedige herstel word in almal uitgespreek.

“Jy is ‘n vegter, ek weet jy sal dit maak,” het Mpho Hanson geskryf.

“Ons het jou nodig, Tata Madiba. Word gou gesond,” was Emedi Morule se boodskap.

‘n Blou ballon met die woorde “Spoedige beterskap, jou legende” is ook teen die muur vasgeplak.

Verskeie bosse blomme en getekende harte is by die hek te sien en tekens van kerse wat gesmelt het tydens die nagwaak wat daar vir die politieke ikoon gehou is, was Vrydag nog sigbaar .

Mandela is verlede Saterdag in die vroeë oggendure gehospitaliseer na hy weer ‘n longinfeksie ontwikkel het. Die jongste nuus uit die kantoor van die presidensie is dat die geliefde staatsman in ‘n “ernstige maar stabiele toestand” verkeer.

Pres. Jacob Zuma, vergesel deur die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, het die hospitaal gister besoek.

“Madiba se gesondheid verbeter, maar sy toestand is steeds ernstig,” het hy agterna in ‘n verklaring gesê. “Ons volhard met ons beroep op almal - plaaslik en oorsee – om vir hom te bid en te bly hoop dat hy spoedig sal herstel.”

Sekerheid by die Medi Clinic-harthospitaal was Vrydag steeds uiters streng en verskeie polisiebeamptes het motors by die twee ingange deursoek.

‘n Brigade plaaslike en internasionale verslaggewers en uitsaaiers het sedert verlede Saterdag buite die hospitaal stelling ingeneem, wagtend op enige nuus.

Nuuskierige verbygangers stop elke nou en dan om die boodskappe aan Madiba te lees en ‘n foto van muur waar dit vertoon word, te neem. - Sapa