Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Kerke ‘besorg’ oor Madiba

Vrydag 14 Junie 2013 1:44 nm.

Geestelike leiers bid Vrydag vir oudpres. Nelson Mandela voor die Medi-Clinic-harthospitaal in Pretoria. Foto: Alet Pretorius

Pretoria. - Kerke in Suid-Afrika is besorg oor oudpres. Nelson Mandela se gesondheid, het 'n groep geestelikes Vrydag hier by die hospitaal gesê waar Madiba behandel word.
Die groep afgevaardigdes was onder leiding van biskop Abraham Sibiya van die Christ Centre Church in Pretoria. Hulle het na die hospitaal gekom om vir die voormalige staatshoof te bid, onder meer in Afrikaans. 
"Ons is diep besorg oor sy gesondheid . . . Ons bid dat God hom 'n spoedige herstel sal skenk en hom sterk sal maak," het Sibiya gesê.
"Ons het gekom om te bid dat Mandela se familie regoor Suid-Afrika versterk sal word gedurende hierdie moeilike tyd. Ons bid dat God hul sal vertroos en aan hulle die wil sal gee om aan te beweeg."
Hy het gesê Madiba is die verpersoonliking van versoening, nie net vir Suid-Afrikaners nie, maar vir die hele wêreld.
"Hy is 'n baie goeie voorbeeld van hoe die ganse wêreld behoort te reageer wanneer mense deur krisisse in die gesig gestaar word. Tata Mandela het ons geleer dat ons ons verskille en vyandigheid opsy kan skuif, hande kan vat en saam kan bid," het Sibya gesê. – Sapa; Alet Pretorius