Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 12°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 32%

Sondag


27°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 33%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


28°C / 13°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 37%

Woensdag


23°C / 14°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


20°C / 13°C

Wind 17km/h


Reënval 1.7mm


Humiditeit 71%

Nuus

Malema-platform ‘kry geweldige steun’

Deur marietie louw-carstens Vrydag 14 Junie 2013 14:09

Foto: Lucky Nxumalo

Polokwane. -  Julius Malema, voormalige ANC-jeugleier en nou die "bevelvoerder" van die Economic Freedom Fighters (EFF), se nuwe politieke platform kry geweldige steun en waardevolle insette van alle Suid-Afrikaners.
So sê Floyd Shivambu, Malema se regterhand, in ’n verklaring.  Dit het Dinsdag bekend geword dat Malema ’n nuwe politieke platform wil stig.
Sedertdien het harde woorde al tussen Malema en van sy voormalige vriende geval. Soviet Lekganyane, voormalige ANC-sekretaris in Limpopo, het Malema ’n nostalgiese huigelaar genoem.
Lekganyane was een van Malema se getrouste ondersteuners, selfs nadat hy weens beweerde tenderbedrog in hegtenis geneem is.
Ronald Lamola, voormalige adjunk-president van die ANC-jeugliga, het eergister in The Star mense afgeraai om Malema te steun.
Malema het in ’n verklaring teruggekap en gesê Lamola "moet net stilbly, want hy weet nie waarvan hy praat nie en niemand neem hom ernstig op nie".
Hy het gesê Lamola se uitsprake is lagwekkend en hy kan nie vertrou word nie.
Shivambu het gesê die EFF beplan saamtrekke in al die provinsies. Dit sal nog bekend gemaak word waar en wanneer dit sal plaasvind. Intussen is ’n beroep op mense gedoen om met idees en befondsing vir die forum te help.
Malema verskyn volgende Donderdag weer in die stad se streekhof weens geldwassery en rampokkery. 
Op 2 Julie moet hy in Lebowakgomo verskyn weens beweerde aanranding. Hy het glo ’n man geklap by ’n deurnagpartytjie.