Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Vrydag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


23°C / 14°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


23°C / 15°C

Wind 21km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 57%

Maandag


25°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 61%

Dinsdag


23°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 54%

Nuus

Moot se emoe ‘gearresteer’

Sy hou baadjie soos ’nstiervegter

Deur Piet Matipa Vrydag 14 Junie 2013 11:45 nm.

Dié “geveerde verdagte” met ’n lang nek is een van die beste “arrestasies” wat sy tot dusver uitgevoer het.

Die vere het egter gewaai toe konst. Vinette Volschenk vir Mew, ’n emoewyfie wat uit haar erf in die Pretoriase Moot ontsnap het, probeer vang het.

Volschenk, van die Brooklyn-polisiekantoor, het uitgevind Mew het baie skop in haar – letterlik. Mew het gou uitgevind Volschenk voel nie ’n veer nie.

Dié emoe, wat in 12de Laan, Gezina, woon, het Donderdag in die vroeë oggendure weggeloop nadat iemand die hek glo oopgelos het. Nicky Pool was in ’n toestand toe sy agterkom haar “kind” is weg.

’n Pootuit Volschenk was dieselfde oggend omstreeks 05:00 op pad huis toe ná haar nagskof toe sy die emoe in 14de Laan sien.

Sy het probeer om die verbouereerde dier van die besige Hertzogstraat weg te kry.

“Kan ek asseblief back up kry? Ek jaag ’n volstruis,” het sy uitasem oor die polisieradio gesê.

“Hulle het gedink ek grap.”

Konsts. R.R. Rakolote en W. Mangwani van die Moot-polisiekantoor is darem soontoe gestuur. Die twee het agter die emoe aangehardloop.

“Ek kon my lag nie hou nie.”

Ná ’n gesukkel het hulle Mew in ’n oprit vasgekeer.

“Ek het my polisiebaadjie gehou soos ’n bullfighter,” het Volschenk gesê.

Die emoe het haar ’n paar keer geskop. Sy kon Mew se pote met haar serp vasbind.

“Ons het besluit om haar na my ouers se huis toe te vat.”

Die emoe het in die motor op Volschenk se skoot gesit.

“Ons het nie geweet aan wie behoort die emoe nie. Niks.”

Danksy die berig oor Mew in Beeld het sy die eienaar opgespoor.

’n Dankbare Pool, wat tans ’n familiekrisis het, het gevra of sy Mew Maandag kan kom haal. Sy het wel gister gou gaan inloer.

“Dit is die beste arrestasie wat ek tot dusver gemaak het,” het Volschenk laggend gesê.