Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 74%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Nuus

Van SA na ’n lewe-soektog in buitenste ruim

Deur Susan Cilliers Vrydag 14 Junie 2013 11:46 nm.

Dr. Japie van Zyl

Potchefstroom. – Kan daar nog drome oor wees vir iemand wat in Outjo, Namibië, grootgeword het en nou ’n doktor by Nasa is?

Dr. Japie van Zyl het gister gesê sy grootste droom is om ’n planeet te vind waar daar lewe is. “Ek is nog lank nie klaar nie.”

Van Zyl, ’n adjunkdirekteur by die Amerikaanse ruimte-administrasie (Nasa) in Kalifornië, was lid van die span wat in 2012 vir die Curiosity Rover-robot se landing op Mars gesorg het.

Van Zyl se gehoor op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het aan sy lippe gehang terwyl hy gepraat het oor ruimtesyfers wat jou kop laat duisel en die moontlikheid van lewe elders as op aarde.

Hy het gesê dit sal 100 000 jaar duur om deur ons Melkweg te kom as jy teen die spoed van lig beweeg.

“In ons Melkweg is na raming 500 miljoen planete wat in die bewoonbare deel van hul sterre is. Dis baie moontlik dat ons lewe daar sal kry, maar die vraag is of dit intelligente lewe sal wees.”

Van Zyl, ’n oud-Matie wat sy doktorsgraad in die VSA verwerf het, het verduidelik die Curiosity Rover-robot moet onder meer help vasstel of toestande op Mars lewe kan ondersteun. Mars is, soos die aarde, in die sogenaamde bewoonbare gebied van ons sonnestelsel. “Vir lewe om te bestaan, is energie soos hitte van die son, vloeibare water en sekere molekules nodig.”

Die Rover het help vasstel dat daar vroeër ten minste 1 000 jaar lank vloeibare water op dele van Mars was.

Inligting wat die Rover ingesamel het, wys Mars het wel die sleutelbestanddele wat lewe moontlik maak.

Geen organiese lewe is egter nog daar gevind nie. Volgens Van Zyl moet ’n mens ook na lewe op sogenaamde nie-bewoonbare plekke soek. Een van Jupiter se mane het byvoorbeeld ’n dik yslaag op die oppervlak en vloeibare soutwater van tot 100 km diep onder die oppervlak.