Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 12.0mm


Humiditeit 76%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 1.8mm


Humiditeit 66%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuus

Verlede is nog met ons – Zuma

‘Swartes kry nie lenings, opleiding’

Deur Maryna Lamprecht Vrydag 14 Junie 2013 11:58 nm.

Ondanks swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is dit vir swart Suid-Afrikaners baie moeilik om in die sakewêreld te vorder, het pres. Jacob Zuma gister aan studente op die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Soweto-kampus gesê.

“Finansiële instellings het ’n ander uitkyk. As jy bank toe gaan, vra hulle jou watter kollateraal of sekuriteit jy het in plaas van om jou te help. So selfs al is jy ekonomies bemagtig, is finansies ’n probleem.

“Vir mense wat voorheen bevoordeel is, is dit maklik. Praat van kollateraal en hulle het dit.

“Finansiële instellings verstaan nie die uitdagings waarvoor julle te staan kom nie.”

Hy het gesê die speelveld vir swart en wit is byna 20 jaar ná apartheid steeds nie gelyk nie.

Zuma het vroeër die dag ’n krans by die Hector Pieterson-gedenkteken gelê ter herinnering aan die 1976 jeugopstand op 16 Junie in Soweto.

Hy het inwoners van Soweto ook by hul huise besoek.

By die UJ het Zuma gesê die jeug se toekoms hang van goeie onderrig af.

“Baie mense kritiseer die regering en sê ons misluk in onderrig, maar hulle vergeet die regering het te doen met probleme wat al eeue met ons is.

“Hulle praat asof ons eers sedert 1994 begin het om onderrig op te mors en asof dit voorheen goed was.”

Hy het gesê ’n groot deel van die jeug kan nie in diens geneem word nie omdat hulle in die verlede goeie onderrig ontneem is.

“Die verlede is steeds met ons.

“(Voor 1994) was onderwys ’n fundamentele tekortkoming in die land. Dit is doelbewus gedoen. So mense kan ons nou kritiseer, maar ons is baie tevrede, want ons vaar baie goed wat onderwys betref, met die verlede in ag geneem. Uitslae is besig om te verbeter en dit sal nooit weer afneem nie omdat die fondament nou reg is.”

Zuma het gesê as dit van hom afgehang het, sou onderwys nie net gratis gewees het nie, maar ook verpligtend.

Hy het gesê die jeug moet vir die 2014-verkiesing registreer en vir die ANC stem.