Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


27°C / 11°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 77%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Donderdag


21°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 66%

Vrydag


18°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Wie’s die vark in verhaal?

Deur Hilda Fourie Vrydag 14 Junie 2013 11:09 nm.

’n Twis woed tussen twee inwoners van die Pretoriase Moot nadat Bokkie, die een se vark, die ander een aan die bene gebyt het.

Dawid Malan, in wie Bokkie sy tande geslaan het, kan oor die varkbyt lag, maar die mediese koste is nie lagwekkend nie.

Aan die een kant van die twis is Malan, wie se mediese spaarplan uitgeput is weens die varkbyt, en aan die ander kant Vivia Seidl, wat nie bereid is om Malan se mediese uitgawes van R19 000 te betaal nie.

“Sy (Seidl) het in die begin gesê sy sal help met die mediese uitgawes. Ek het nooit gesê ek verwag sy moet alles betaal nie, maar darem ’n deel daarvan,” het Malan gesê.

“As dit nie vir die varkbyt was nie, het ek nog ’n spaarplan gehad wat nie uitgeput is nie.”

Die vark-sage het in Maart begin toe Bokkie uit Seidl se erf gehardloop het. Seidl bly in Crosstraat, Rietfontein, naby 20ste Laan en teen die Magaliesberg. Woensdag 6 Maart het haar honde die berg ingehardloop. Bokkie is agterna. Seidl het Bokkie gaan soek, maar nie gekry nie.

Intussen het Bokkie by 15de Laan uit die berg gekom. Mense het Bokkie ingeneem en gehou.

Volgens Seidl is Bokkie ’n liefdevolle vark wat sommer sal omdop en aan die slaap raak as jy hom vryf.

Saterdag 9 Maart het Malan gehoor sy honde gaan by die hek te kere. Toe hy buite kom, staan Bokkie daar. Hy het rondgevra wie se vark dit is en Bokkie toe na die huis geneem van die mense wat hom ingeneem het. Kort daarna was Bokkie weer by sy huis en weer het hy hom teruggeneem.

Die middag was Bokkie weer daar.

“Die vark het geïrriteerd gelyk. Ek het gedink dis weens die honde wat blaf,” het Malan gesê.

“Hy het my een kyk gegee en toe byt hy my aan albei my bene. Dit was net bloed.”

Malan is na die Moot-hospitaal, waar die wonde in die teater skoongemaak is. Die byt aan sy regterbeen was baie diep. Hy het gereeld behandeling gekry, want daar is gevrees vir infeksie.

Toe Seidl uitvind Bokkie het Malan gebyt, het sy om verskoning gevra en aangebied om van sy mediese koste te betaal, “want dis my vark, so dis my skuld”.

Malan het Seidl laat weet hulle moet praat en vir haar ’n opsomming van die mediese koste gestuur.

Intussen het ’n bekgeveg op die Facebook-blad “Eks van die Moot” ontstaan nadat Seidl gevra het of mediese koste vir ’n varkbyt R19 000 kan beloop. Volgens Seidl het sy uitgevind Malan se mediese fonds het al sy koste betaal.

Malan het gesê hy en die mediese fonds het albei van die koste betaal, maar sy spaarplan is uitgeput. Hy moet nou self vir medisyne en ’n tandarts betaal.