Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 20km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Nuusflitse
Vrou sterf toe vragmotor op haar motor rol ‘Ebola-chaos’ by Beitbrug Man vas wat huishulp aanrand Man aangekeer wat katte vir dwelmsmokkelary gebruik Universiteite breek bande met Bill Cosby Dief steel lykswa met lyk steeds binne in Matriekmeisie gee geboorte voor skool, los glo baba Seun op soek ná wolkbreuk Hoë risiko vir beurtkrag dié naweek Kaapse man steek glo vrou in Auckland dood 'Pop trek Steve Hofmeyr se toutjies' Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer
Nuus

Bokke wil Mandela eer met wedstryd

Deur Christo Buchner Saterdag 15 Junie 2013 12:05 vm.

Nelspruit. – Die krag wat jy kry wanneer jy die Springboktrui oor jy kop trek, is iets besonders. Dit doen spesiale dinge aan jou, meen Jean de Villiers, die Springbok-kaptein.

Dit was sy reaksie op die vraag hoekom sy Stormers- en Bok-spanmaat Bryan Habana na ’n ander speler lyk as hy in die groen-en-goud uitdraf.

Habana kort net twee toetsdrieë om die eerste Springbok te word wat die mylpaal van 50 bereik.

Volgens De Villiers sal die span nie uit hul pad gaan om seker te maak Habana kry die kans om daardie twee drieë vandag in die toets teen Skotland in die Mbombela-stadion hier te druk nie. “Dit is nie iets waaraan ons dink nie. As dit gebeur, gebeur dit.”

Die Springbokke wil met hul spel vandag eer bewys aan oudpres. Nelson Mandela, het De Villiers gesê.

“Sy gesondheid is iets wat op almal se harte is. Ek kan nie in woorde beskryf wat hy vir hierdie land gedoen het nie.”

Die Bok-kaptein het ook gepraat oor watter spesiale dag dit vandag vir sy Stormers-spanmaat Siya Kolisi sal wees as hy ’n speelkans as plaasvervanger kry.

“Vir my is Kolisi Suid-Afrika in ’n neutedop saamgevat. Hy is iemand wat nooit die geleenthede gehad het wat ek gehad het nie. Tog het hy die kanse aangegryp om bo sy omstandighede uit te styg.”

Kolisi, ’n oud-inwoner van die Zwide-township in Port Elizabeth, was later in die Grey-hoërskool in die Baai.

“Dit is maar die tweede keer ooit dat my pa my self sal sien speel,” het Kolisi vroeër gesê.

“Dit gaan baie emosioneel vir ons albei wees, want ek is die eerste Springbok van my township. Ek glo my pa gaan huil en ek ook.”

Moontlike vrese oor die toestand van die Mbombela-stadion se speelveld voor vandag se twee rugbytoetse hier blyk onnodig te wees, berig Pieter Jordaan.

“Hy is nou mooi. Dié stadion het eintlik ’n koue-seisoen-veld en doen goed in die winter,” het Roelf Kotzé, stadionbestuurder, gister gesê. “In die somer het ons baie reën, hitte en humiditeit gehad en dit het ’n uitwerking op die veld gehad. Sedertdien is die voeding van die veld aangepas en organiese materiaal ingewerk.”

Voorste driedrukkers

Nog net ses spelers in die geskiedenis van toetsrugby het meer drieë as Habana gedruk. Hulle is:

• Daisuke Ohata van Japan (69);

• die Wallaby David Campese (64);

• Shane Williams van Wallis (60);

• Hirotoki Onozawa van Japan (55);

• Rory Underwood van Engeland (50); en

• die All Black Doug Howlett (49).