Kaapstad Verander Area

Vandag


33°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Vrydag


27°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 58%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 4.4mm


Humiditeit 49%

Sondag


30°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 35%

Maandag


32°C / 17°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 31%

Dinsdag


33°C / 18°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 31%

Nuusflitse
​Gene Hackman-gerugte is onwaar AirAsia-ramp: Mede-vlieënier het vliegtuig gevlieg Islamitiese Staat verleng sperdatum vir terroris se vrylating Thomas Ferreira se lewe 'beëindig' - landdros Bylmoorde: Pa was bekommerd oor misdaadsituasie ​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog Padwoede-verhoor tot Augustus uitgestel Man sterf in ongeluk by nywerheidsonderneming SAL kanselleer vlugte na New York weens slegte weer Vrou op staproete in Llandudno beroof Nelspruit-ouma glo as seksslaaf aangehou 5 stories wat jy nie kan mis nie Valke trek 10 Nigeriërs vas Air Malaysia se webruimte binnegedring Mej. Heelal kom uit Colombia Oudsoldate van SA help in stryd teen Boko Haram Man in hof ná skietery by vulstasie in Kaapstad Kerk neem afskeid van jong dominee ná fratsongeluk
Nuus

Bult van die dood

Trok ploeg deur verkeer

Deur Lourensa Eckard, Jody Nel en Leané Meiring Saterdag 15 Junie 2013 00:14

‘Die trok het soos ’n trein op ons afgekom. Karre het deur die lug gevlieg. Ek het my kar in trurat probeer sit, maar dit was te laat.”

So het ’n bebloede Johnny Perreira (56) gister die oomblikke beskryf voordat ’n wegholvragmotor sy motor in Floracliffe, Roodepoort, getref het.

Drie mense is dood toe die steenkoolvragmotor langs die Flora-kliniek in 15 ander voertuie ingeploeg het.

Agttien mense is beseer.

Onder hulle is Perreira en sy vriend Lourens Bester (42) wat ligte beserings opgedoen het.

“Ek het na Lourens gedraai en gesê: ‘Vandag gaan ons dood, my vriend.’

“En toe die trok ons tref, het ek gedink ek is besig om te sterf.”

Perreira het gesê die ongelukstoneel was soos iets uit ’n fliek.

“Mense het uit karre geval. Daar was bloed en derms.”

Larincha Cooney, ontvangsdame by die Flora-kliniek se onkologiesentrum, het vertel: “Dit was stil. Daar was geen geluid van remme nie.

“Net stilte en toe ’n harde slag. Ek het gedink dis ’n aardbewing.

“Die susters en ander verpleegpersoneel het dadelik na die ongelukstoneel gehardloop om beseerdes te help.”

Paramedici het kort op hul hakke gevolg.

Personeel het later met hospitaalbeddens uitgehardloop sodat hulle die beseerdes dadelik na die ongevalle-eenheid kon neem.

“Die bloed het in die straat afgeloop. Ek het nog nooit so iets gesien nie,” het Cooney gesê.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die vragmotorbestuurder het op die afdraand in William Nicolrylaan, naby die kruising met Constantiarylaan, beheer oor die vragmotor verloor.

Hy het in die motors voor hom vasgeploeg, oor die kruising gery en nóg stilstaande motors van voor af getref.

14 motors en nog ’n vragmotor is getref.

Agt ander voertuie in die parkeerterrein van die Flora-kliniek is ook beskadig.

Die steenkoolvragmotor was leeg.

Die ongeluk het omstreeks 12:00 gebeur en teen 18:00 was lede van die Johannesburgse nooddienste (EMS) steeds besig om die toneel op te ruim.

Dit was besaai met glasskerwe, stukke van motors, skoene, sonbrille en papiere.

Nooddienswerkers het die oorskot van die slagoffers uit sommige van die voertuie gesny.

Daar was ’n wit plastieksak met ledemate wat uit sommige van die motors gehaal is.

In die motor van een van die oorledenes was Barbie-poppe, ’n klein pienk sambreeltjie en ’n klein pienk truitjie.

Dié vrou se man en twee klein dogtertjies het by hul aankoms op die toneel onbeheerbaar begin huil.

Omstanders en oorlewendes het by die hospitaal berading ontvang.

Gideon Müller (20) en sy vriendin, Charney le Roux (21), het die ongeluk ook oorleef.

Müller het harsingskudding opgedoen en Le Roux se hand is beseer.

“Ek prys die Here dat ons nie dood is nie,” het hy gesê.

Tsheko Mosito, een van die aanbieders van The Collective op Radio 2000, was ook onder die beseerdes.

Haar motor het in die heining van die Standard Bank-gebou oorkant die Flora-kliniek vasgery nadat dit ook gestamp is.

Daniel Mosito, haar pa, het gistermiddag buite die kliniek gesê sy sal oukei wees.