Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Renosters maak haar hartseer

2 jong sussies stry die stryd

Deur Leané Meiring Dinsdag 18 Junie 2013 11:18 nm.

Aaminah (11) en haar sussie, Afeefah (8). Foto:CORNÉL VAN HEERDEN

Die jeug is amptelik deel van die stryd om die land se renosters van uitwissing te red.

So sê Aaminah (11) en Afeefah (8) Patel van Robertsham in Johannesburg wat skole saam met die Rhino SA-veldtog besoek om die jeug bewus te maak van renosterstropery én hulle aan te moedig om ook betrokke te raak.

Die twee sussies is verlede week deur Rhino SA aangewys as Rhino Champions vir hul kreatiewe bydraes om die land se renosters te red.

Die organisasie was so beïndruk deur die twee sussies dat hulle selfs nou toesprake oor renosterstropery skryf en kinders motiveer om betrokke te raak.

Dit het alles begin toe Afeefah ’n brief aan pres. Jacob Zuma geskryf het en hom gesmeek het om die renosters te red.

In reaksie daarop het SANParke haar met ’n toekenning by sy jaarlikse Koedoe-prysuitdeling vereer.

Die pryse gaan aan mense wat bydraes tot natuurbewaring lewer.

Sy het ook prysgeld van R20 000 ontvang wat sy aan die Unite Against Poaching-veldtog gegee het.

Dit was die begin van ’n internasionale briefveldtog deur Rhino SA.

Die doel is om kinders van oor die wêreld te kry om ’n brief aan Zuma te skryf. Aaminah en Afeefah gaan die briewe later vanjaar aan hom oorhandig.

Volgens Irene Huysamen, woordvoerder van Rhino SA, het hulle die veldtog met behulp van buitelandse bewaringsorganisasies begin.

Daar is al 7 000 briewe ingesamel.

“Ek het geleer van stropers en prentjies gesien van renosters sonder horings.

“Dit het my so hartseer gemaak. Ek moes iets doen,” het Afeefah gesê.

Sy en Aaminah besoek die Krugerwildtuin gereeld saam met hul ouers en het daar lief geword vir die “dier wat oud en verrimpeld lyk”.

Volgens Aaminah het die beelde van renosters sonder horings op TV haar seergemaak.

“Ek was hartseer en het besluit om ’n gedig te skryf oor hoe die arme renoster voel,” het sy gesê.

Sy sluit haar gedig só af:

“Ek weet nie of ek môre nog hier gaan wees nie, so maak seker die wêreld hoor my pleidooi en my laaste woorde.

“Jou vriend, meneer Renoster.”