Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 78%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Nuus

Kinders se grootte kwel

Rugbyreëls benodig dringend aandag

Woensdag 19 Junie 2013 9:24 nm.
Hy glo die organiseerders van ’n rugby-toernooi vir laerskole kan aanspreeklik gehou word as ’n speler ’n ander een beseer en dan blyk te oud te wees, skryf dr. Kosie le Roux, oor die probleem van spelers wat te oud óf te swaar is.

Dr. Kosie le Roux Foto: verskaf

DIE bou en grootte van baie kinders wat aan die Mini-Cravenweek in Bloemfontein deelgeneem het, dui daarop dat die probleem van kinders wat te oud is, steeds voortduur. Baie mor daaroor, maar niemand is klaarblyklik bereid om iets daaraan te doen nie.

Moet ’n kind dan eers ernstig beseer of verlam raak, of selfs sterf voordat aandag aan die saak gegee sal word? Watter opvoedkundige beginsel word nagekom wanneer ’n kind van 80 kg ’n jonger kind van 50 kg uit die pad hardloop?

Die jaarlikse rugbytoernooi vir laerskole, bekend as die Mini-Cravenweek, is die laaste naweek in Mei in Bloemfontein gehou. Spanne van die Vrystaat, Suid-Vrystaat-platteland, Griffons, Griekwas, OP, Grens en Grens-platteland het deelgeneem. Soos verlede jaar is daar rondom die veld weer oor dieselfde probleem as verlede jaar gemor, naamlik die geweldige verskil in grootte tussen die kinders. Daar is dan ook baie bespiegel oor die werklike ouderdomme van sommige van die spelers.

Rugby is seker die enigste kontakspel waar kinders van tot 100 kg deelneem teen kinders van 30 kg tot 40 kg. Wat verstom het, was hoe onderwysers, afrigters en ouers kinders aangemoedig het om kinders die helfte hul grootte van die veld af te duik en dan luidkeels toegejuig het wanneer hulle dit reggekry het.

Daar kan seker geargumenteer word dat dit die geneties groot kinders is wat uiteindelik gekies sal word en dat die ander ouers weet waarteen hul kinders te staan gaan kom. Die kinders het klaarblyklik almal geboortesertifikate ingedien as bewys van hul ouderdomme.

Dit het egter verlede jaar aan die lig gekom dat daar grootskaalse bedrog gepleeg is met geboortesertifikate en dit het onder meer gelei tot die skorsing van twee skolerugbyspelers van KwaZulu-Natal. Mbembe Payi van die Hoërskool Durban was reeds 22 en die Glenwood-vleuel Siyabonga Tom was reeds 23 jaar oud toe hulle nog skolerugby gespeel het. Albei het vir KZN aan die Cravenweek deelgeneem.

Die skokkendste hiervan is egter dat sulke spelers 17 en 18 jaar oud sou gewees het toe hulle laerskole-rugby gespeel het.

Die bou en grootte van baie kinders wat aan die Mini-Cravenweek deelgeneem het, dui daarop dat die probleem steeds voortduur.

As dit dan nou welbekend is dat daar bedrog met geboortesertifikate en ID’s is, is daar sekerlik ’n plig op die organiseerders van toernooie om alle kinders wat buite die normale profiel val, se ouderdomme dubbeld te kontroleer.

Ek glo die organiseerders kan aanspreeklik gehou word waar ’n kind beseer word deur ’n ander kind wat later blyk te oud te wees.

Volgens ’n groeikaart vir seuns sal slegs 5% van seuns met die ouderdom van 13 jaar en ses maande swaarder as 70 kg weeg. Baie van hierdie kinders is ook swaarder weens vetsug eerder as lengte.

’n Oplossing vir die probleem sal kan wees om alle kinders swaarder as 70 of 75 kg se geboortebesonderhede in detail na te gaan. Daar kan ook ’n afsnypunt vir gewig wees waarbo kinders nie meer aan laerskole-rugby mag deelneem nie.

Daar moet egter ook dringend aandag aan die rugbyreëls gegee word. Tans bevorder die reëls ’n oormaat kontak en vaardighede word selde beloon. Op laerskolevlak beteken dit daar kan maar ’n inweeg gehou word om die wenner te bepaal. Die reëls behoort so te wees dat indien ’n speler gelak word, die kans baie goed is dat die opponerende span die bal sal wen.

Indien ’n losskrum of losgemaal ontstaan en die bal is nie dadelik beskikbaar nie, behoort die bal ook aan die ander span te gaan.

Ek is nie ’n kenner van die rugbyreëls of rugbyafrigting nie en van my voorstelle sal sekerlik gekritiseer kan word.

Hierdie probleem kan egter nie langer geïgnoreer word nie. Mense betrokke by laerskolerugby sal met oplossings vorendag moet kom anders gaan die spel en ons kinders daaronder ly.