Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 74%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Woensdag


23°C / 17°C

Wind 37km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 61%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 5.7mm


Humiditeit 70%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 20km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 63%

Nuus

Brüssow verlore vir SA rugby

Gaan in Japan speel

Deur hendrik cronjé Donderdag 20 Junie 2013 6:08 vm.
BLOEMFONTEIN. – Springbok-rugby het ’n harde hou in die maag gekry toe dit gister bekend geword het dat nóg ’n grote, die flank Heinrich Brüssow, op pad na Japan is.
Brüssow se voorgenome skuif volg op die besluit van die Stormers se Bok-slot Andries Bekker om hom ná die Super-reeks by sy gewese spanmaats Jaque Fourie, JP Pietersen en Fourie du Preez in Japan aan te sluit.
Brüssow se planne sal nie goeie nuus wees nie vir Bok-afrigter Heyneke Meyer ná sy span se getjommel in die losstryd teen die Skotte die afgelope naweek in Nelspruit. 
Maar die Bok-keurders se besluit om nie vroeër die spelbreker-flank van die Cheetahs in ’n vergrote groep van 38 in te sluit nie, was waarskynlik ’n duidelike boodskap aan Brüssow oor sy toetsloopbaan. 
Sport24 verneem Brüssow sal waarskynlik direk ná die Super-reeks op die vliegtuig klim en dat die Cheetahs in die Curriebeker-reeks sonder hom sal moet klaarkom. 
Sy huidige Cheetahs-kontrak verstryk egter eers ná die Curriebeker-reeks, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat dié span se afrigter, Naka Drotské, in sy pad sal staan om vroeër na Japan te gaan. 
Brüssow was tot dusver vanjaar een van die heel beste losvoorspelers tussen die Suid-Afrikaanse spelers en hy wil skynbaar aanstaande jaar weer vir die Cheetahs in die Super-reeks speel.
Wanneer Brüssow na Japan skuif, sal hy vanweë die bepalings in sy kontrak nie meer vir die Bokke beskikbaar wees nie.
Die 26-jarige Brüssow, wat 20 Bok-toetse agter sy naam het, het in vanjaar se Super-reeks gewys dat hy veel meer as net ’n baljagter is en met die wêreld se bestes as baldraer en verdediger kan meeding.
Ná kritiek verlede seisoen dat hy te veel strafskoppe afstaan, het hy vanjaar uitstekend aangepas by die reëlveranderinge by die afbreekpunte.
Ná die Bokke se gesukkel die afgelope naweek by die afbreekpunte teen Skotland, het Meyer gister vir Francois Louw, Willem Alberts en Pierre Spies as sy lostrio vir Saterdag se toets teen Samoa gekies. 
Verskeie kenners meen Meyer het ’n kans verspeel om nie Brüssow se Cheetahs-spanmaat Lappies Labuschagné ’n kans op toetsvlak te gee nie. 
Ander kenners sê Brüssow moes in die Bok-groep gewees en die kans gekry het om te wys dat hy sy man op die hoogste vlak kan staan.