Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 24.6mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


21°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 76%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Vrou gee 1ste tree ná erge botsing

Deur Leané Meiring Maandag 24 Junie 2013 11:40 nm.

Barry en Marinda Combrink by hul dogter, Jaimy-Leigh.

“Sy het vandag haar eerste tree gegee, gebreekte bekken en al. Sy is ’n tawwe koekie.”

So het Barry Combrink gister gesê oor sy vrou, Marinda, wat nog in die Milpark-hospitaal in Johannesburg is ná die gru-ongeluk in Floracliffe, Roodepoort, toe ’n wegholvragmotor teen haar motor en 14 ander gebots het.

Marinda is gister uit die waakeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas omdat dokters tevrede was met haar verbeterde toestand. Haar nek en bekken is gebreek en ’n rib het deur haar een long gesteek.

Combrink het gesê dit was ’n goeie week vir sy vrou.

Dokters was aanvanklik onseker of Marinda sonder ’n nekoperasie sou herstel omdat haar nek op ’n kritieke plek gebreek is. Verder was hulle seker dat sy intensiewe rehabilitasie sou benodig om weer te leer loop.

“Vandag weet ons dat sy geen operasie gaan kry nie. Sy gaan vir die volgende drie maande ’n nekstut dra. En nou het sy op haar eie begin loop,” het Combrink gesê.

“As sy nou al begin loop, is daar ’n kans dat sy dadelik huis toe sal kan gaan sonder enige ekstra rehabilitasie.”

Dit was ook ’n goeie week vir die oorblywende vyf pasiënte wat in die Flora-kliniek behandel is.

Dr. Julie MacLiam, woordvoerder van die Life-hospitaalgroep, het bevestig dat almal ontslaan is.

Vier mense is in die ongeluk dood en 18 beseer, van wie 16 in die Flora-kliniek behandel is.

Cobus Venter, bestuurder van Milpark-hospitaal, het bevestig dat Marinda die enigste pasiënt van dié ongeluk is wat steeds in die hospitaal is.

Konst. Vincent Mashiteng, polisiewoordvoerder, het gesê hulle is in ’n gevorderde stadium van die polisie-ondersoek.