Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 24.6mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


21°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 76%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Betogers ruk op in Pta, brand VSA-vlag

Deur Piet Matipa Saterdag 29 Junie 2013 1:09 vm.

Jesus is ook lief vir Moslems.

Dit was die Branken-gesin van Hillbrow se boodskap aan pres. Barack Obama, wat gister in Suid-Afrika aangekom het.

Die Brankens was van die sowat 100 mense wat gisteroggend op die Caledonian-sportterrein in Pretoria protes aangeteken het teen die Amerikaanse president se besoek en sy buitelandse beleid.

Dié protesaksie is deel van die No You Can’t Obama-veldtog, wat verlede Saterdag begin het.

Die veldtog se naam verwys na Obama se Yes We Can-slagspreuk.

’n Swanger Trich Branken (43), haar man en vyf kinders se plakkate het gelui: “Jesus loves Muslims” en “Jesus loves his enemies.”

Trich het gesê Christene moenie langer hul rug draai op die onreg wat in die wêreld geskied nie.

“Jesus gee om vir almal se probleme. Dit is nie net ’n God wat in ’n gebou (kerk) is nie.”

Sy het gesê die oorloë wat Obama in onder meer Irak en Afganistan voer, is verkeerd.

Obama is deur ander gebrandmerk as ’n kapitalis en ’n imperialis “wat net verwoesting oor die wêreld heen saai”.

’n Groep mense het luidkeels “voertsek, Obama” geskreeu.

Ander het gesê Obama is net ’n klein seuntjie in die Withuis.

Die groep het van daar af ’n optog na die Amerikaanse ambassade gehou.

Toe hulle by die ambassade aankom, het ’n groep Moslems onder hulle buite die ambassade op hul knieë op komberse begin bid.

Sayeed Mohamed, president van die International Islamic Nation, het ná die gebed aan die protesgangers gesê dat “Barack Obama as mens welkom is in Suid-Afrika, maar nie as die president nie”.

’n Paar mense het toe ’n Amerikaanse vlag verbrand.

Mohamed het gesê oudpres. Nelson Mandela en Obamba is twee teenpole.

“Viva Mandela, viva,” het hy geskreeu.