Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 10.5mm


Humiditeit 73%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Saterdag


25°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 41km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie
Nuus

Mandela: Land hou asem op

Familietwis na hof

Winnie paai ná aanval op media

Deur Verslagspan Saterdag 29 Junie 2013 1:27 vm.

Die Mandela-familietwis en -magspel het gister in die hooggeregshof gedraai terwyl die 94-jarige oudstaatshoof steeds aan masjiene gekoppel lê in die Harthospitaal in Pretoria.

Ace Magashule, Vrystaatse premier, het gister ná ’n besoek aan die hospitaal aangevoer Madiba se gesondheidstoestand verbeter steeds.

“Die familie is tevrede dat sy toestand verbeter en het gevra dat ek die boodskap aan die land oordra,” het Magashule gesê.

Geen amptelike verklaring oor Madiba se gesondheidstoestand is gister deur die regering uitgereik nie, maar in sy familie is alles bepaald nie pluis nie.

Verskeie lede van die Mandela-familie, onder leiding van Madiba se oudste dogter, Makaziwe Mandela, het gisteroggend in die Transkeise hooggeregshof in Mthatha suksesvol aansoek gedoen om ’n dringende bevel teen Mandla Mandela, Madiba se kleinseun en hoofman van Mvezo.

Regter Lusindiso Pakade het die saak in kamers aangehoor, maar teen gisteraand is die hofbevel steeds van die media weerhou.

Na verneem word, hou die uitspraak verband met die familie se pogings om die Mandela-beendere wat in Mvezo begrawe is, na Qunu te laat verskuif, maar die besonderhede is onduidelik.

Dit vorm blykbaar deel van die wordende twis tussen Makaziwe en Mandla oor wie die pas in die familie sal aangee.

Freddy Pilusa, woordvoerder van Mandla Mandela, het gisteraand gesê Mandla het geen hofstukke ontvang nie en gaan in elk geval die beendere na Qunu verskuif, die hofgebeure is dus vir hom ook onduidelik.

In ’n klaarblyklike poging om Makiziwe se woeste aanval eergister teen die media te temper, het Madiba se eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela, gister in Soweto die media toegespreek.

“Ek wou net sê hoe dankbaar ons teenoor die media is. Julle het ’n belangrike rol om te speel, hoewel julle soms oorboord gaan,” het sy gesê.

“As ons soms ’n bietjie bitter is, is dit omdat ons moeilike omstandighede moet hanteer.”

Sy het omtrent vyf minute met die media gepraat, waarna haar hanteerders haar weggeneem het.

Elders in die land het Suid-Afrikaners van alle agtergronde gestroom na gebedsgeleenthede en na die Harthospitaal.

Die ANC het by monde van Jackson Mthembu, die party se nasionale woordvoerder, benadruk dat alle Suid-Afrikaners welkom moet wees by gebedsgeleenthede waar Madiba gehuldig en bedank word, en waar vir sy gesondheid gebid word.

Hy het gereageer op die herrie nadat Kgosientso Ramokgopa, Tshwane-burgemeester, gevra het die DA en die VF+ moet liefs wegbly van ’n gebedsgeleentheid in Pretoria.

“Madiba is die ANC en dit moet nooit ontken word nie. Hoewel hy nooit president sou wees sonder die ANC nie, was hy ook almal se president en kan enigeen vir hom bid.

“Dis in elk geval nie asof ’n mens ’n uitnodiging benodig om ’n gebedsgeleentheid by te woon nie. Jy gaan omdat jy wil, of jy bly weg. Niemand sal weggewys word nie,” het Mthembu gesê.

Verslagspan: Jan-Jan Joubert, Adriaan Basson, Lubabalo Ngcukana, Selloane Khalane, Jody Nel, Leané Meiring, Pieter Steyn, Sarel van der Walt en Fanie van Rooyen