Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 60%

Maandag


20°C / 14°C

Wind 28km/h


Reënval 44.9mm


Humiditeit 82%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 71%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Petrolprys pootjie verbruiker met 84c

Swak rand lei glo tot styging, kan nóg styg

Deur Blanché de Vries Saterdag 29 Junie 2013 12:27 vm.

Die petrolprys gaan volgende week met 84c per liter (vir alle grade) styg.

Diesel sal 78c per liter duurder wees, het die departement van energie gister aangekondig.

Die prys van 95 oktaan-petrol sal in die binneland R13/F wees en aan die kus R12,86/F.

“Ons sal hiermee moet klaarkom of ons sal alternatiewe vervoer, soos ’n saamryklub, moet kry,” het Chris Hart, ekonoom van Investment Solutions, gesê.

Volgens Hart was dié drastiese styging te wagte nadat die rand in Junie erg teenoor die Amerikaanse dollar verswak het.

Die rand het gister onder R10 teen die dollar verhandel nadat dit vroeër vandeesmaand tot oor die R10,30 gedaal het.

“Mense sal onnodige maandelikse onkostes moet laat vaar en moet begin snoei aan ander aktiwiteite,” het Hart gesê.

Die moontlikheid bestaan volgens hom dat die petrolprys teen einde vanjaar nóg hoër kan wees.

Gary Ronald, ’n vervoerkonsultant, het gesê die prys van vervoer sal Woensdag middernag, wanneer die nuwe pryse in werking tree, ’n kritieke punt bereik. “Dit gaan die ekonomie, wat reeds onder groot druk is, negatief beïnvloed, want mense met ’n beperkte inkomste sal dit nie kan bekostig nie.

“ ’n Veilige en betroubare openbare vervoerstelsel is nie vir almal toeganklik nie,” het hy geantwoord op ’n vraag of openbare vervoer nou oorweeg moet word.

Ronald het bygevoeg dat kospryse en die tariewe van openbare vervoer binne die volgende maand sal styg.

Die vorige rekordprys vir petrol was R13,20/F in April.

’n Motoris wat gemiddeld 100 F petrol per maand verbruik, gaan van Woensdagoggend ’n bykomende R84 per maand moet opdok.

Volgens die departement is die verswakking van die rand verantwoordelik vir byna 58c van die prysverhoging.

Die petrolprys het sedert Januarie 2010, toe dit R7,63/F gekos het, byna verdubbel.

Munisipaliteite se jaarlikse begrotings tree ook op 1 Julie in werking vir die nuwe 2013-’14-boekjaar.