Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Steel ’n oomblik met Madiba

Sy lewe gee Barack ‘krag om vas te byt’

Deur Leané Meiring Saterdag 29 Junie 2013 12:54 vm.

Oudpres. Nelson Mandela was so ’n inspirasie vir pres. Barack Obama dat hy in 2005, met die voorneme om die VSA se eerste swart president te word, ’n paar steel-oomblikke in ’n hotel in Wash-ington saam met Madiba gehad het.

Dié eerste ontmoeting, waartoe Mandela te midde van ’n besige skedule ingestem het, is vasgevang op ’n foto wat op Mandela se lessenaar staan en dié week in Amerikaanse koerante gepubliseer is. Op die foto skud ’n onbekende junior senator gebukkend die hand van een van die wêreld se bekendste en mees geliefde ikone.

Die Los Angeles Times het berig dat Mandela destyds nie eintlik ’n idee gehad het wie Obama is nie. Hy sou op dié dag, 17 Mei, ’n toespraak lewer en het later ’n afspraak met oudpres. George W. Bush en Hillary Clinton gehad. Obama se aanvanklike versoek om Mandela te ontmoet is daarom afgekeur.

In ’n desperate poging om hom te ontmoet het die senator se span in epos aan Zelda le Grange, Mandela se persoonlike assistent, gesê dat Obama ’n kans het om die VSA se eerste swart president te word. Die versoek is goedgekeur en die twee het mekaar vlugtig in die Four Seasons Hotel ontmoet. Le Grange het aan die koerant gesê Mandela was uitgeput en het om verskoning gevra omdat hy nie opgestaan het nie.

David Katz, Obama se assistent, het die foto geneem.

“Op daardie oomblik het ek gedink niemand sal die silhoeët herken nie omdat hy ’n junior senator is. Maar miskien eendag, as hy president is, sal hy herken word,” het Katz gesê.

In 2010 het Obama dié foto vir Mandela se verjaardag aan hom gestuur met die woorde: “ ’n Inspirasie vir almal. Barack Obama.”

The New York Times het berig Obama is as jong man beïnvloed deur Mandela se lewe. “Ek het in 1979-’80 betrokke geraak by die anti-apartheidsbeweging omdat ek geïnspireer is deur wat in Suid-Afrika aan die gang was,” het Obama Donderdag in Dakar, Senegal, gesê.

Valeria B. Jarrett, een van Obama se raadgewers, het aan die koerant gesê Mandela se lewe gee Obama die “krag om vas te byt.” Obama skryf in die voorwoord van Mandela se boek Conversations with Myself die kort foongesprekke wat hy sedertdien met Mandela gehad het, het hom nog meer respek gegee vir die mens agter die legende.