Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


26°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Nuusflitse
Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

Mandela: Land hou asem op

‘Sy medemenslikheid maak SA ’n beter plek’

Deur Neels Jackson Saterdag 29 Junie 2013 1:18 vm.

Wasserman Foto: Deaan vivier

“Ek wou kom. Dis my verklaring dat ek nie bang is vir wat in Suid-Afrika gaan gebeur as Madiba nie meer hier is nie.”

So het ds. Wimpie Wasserman (26), predikant van die Rant-en-Dal-gemeenskapskerk op Krugersdorp, buite die Pretoria- harthospitaal in Pretoria gesê.

Wasserman het ’n kaartjie teen die buitemuur van die hospitaalterrein aangebring met sy gemeente se boodskap: “God bless you Madiba.”

Wasserman het gesê hy is ’n produk van wat Madiba in die land gedoen het.

“Ons kom uit die blikkieskosgenerasie,” het Wasserman gesê.

Hy onthou uit sy seuntjiedae hoe mense uit vrees blikkieskos opgegaar het met 1994 se politieke oorgang. Hy onthou selfs mense wat hul huise met sandsakke beveilig het. Niks van daardie vrese het waar geword nie, en Wasserman het vir Mandela die erkenning daarvoor gegee.

Hy het gepraat oor die staatsman se liefde en aanvaarding, oor die hoop wat hy gebring het wat oor ras- en kleurgrense strek. “Hy het gewys haat kan wegval voor liefde,” het Wasserman gesê.

Hy het geen twyfel nie dat Suid-Afrika nou ’n beter land is – alles danksy Madiba se medemenslikheid. Al was hy ’n wêreldleier, het hy tog ook gevoel soos “die ou langsaan”.

Self is hy getroud en hy sien uit na die moontlikheid om kinders te hê. Daar is hoop vir kinders in hierdie land.