Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Sondag


23°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 74%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Dinsdag


27°C / 17°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 6.7mm


Humiditeit 68%

Nuus

Vegvliegtuie? Mmm, nee

Deur Pauli van Wyk Saterdag 29 Junie 2013 12:52 vm.

Amerikaanse vegvliegtuie wat kwansuis die lugruim moet bewaak ten tyde van pres. Barack Obama se besoek, is “hoogs onwaarskynlik”, meen Helmoed Römer Heitman, militêre kenner.

“Dit sou nie in die geheim gedoen kon word nie; onder andere ek sou van die aankoms van dié vegvliegtuie geweet het,” het Heitman gesê.

“Daar is ook geen rede daarvoor nie omdat sy vliegtuig van Senegal na Waterkloof oor die see sal vlieg.”

Dit nadat The Washington Post glo op ’n “geheime dokument” in die hande gekry het waarin staan dat vegvliegtuie in skofte sal werk om die lugruim 24 uur lank te bewaak.

Daar is glo ook minstens 445 geheimediens-agente wat die president vergesel, ’n vliegdekskip voor anker en 56 voertuie wat in vragvliegtuie ingebring is.

Dat Obama se besoek wel met omsigtigheid beplan is, is seker, het Heitman en Rory Steyn, ’n spanleier in oudpres. Nelson Mandela se eertydse persoonlike beveiligingspan, gesê.

Die koste van so ’n besoek sal miljoene dollars beloop en kan selfs maande vooruit beplan gewees het, meen die kenners.

“Toe oudpres. Bill Clinton Suid-Afrika in 2008 besoek het, was sy verkennerspan sowat 200 sterk,” het Steyn gesê.

Die Amerikaners kan egter nie maak of breek soos hulle wil nie omdat net die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte uitvoerende magte in die land het.

“Mense moenie dink jy sal Amerikaanse skerpskutters alleen op ’n toring sien nie. Die Amerikaanse geheime diens sal nou met die polisie saamwerk om Obama se veiligheid te verseker,” het Heitman gesê.

’n Hele stad kan nie beveilig word nie, maar die ruimte om die president sal altyd “skoon” gehou word, het Steyn gesê.

“Daarom is die roetes en die plekke wat Obama sal besoek belangrik. Elke land en elke stad sal ’n operasionele bevelvoerder hê en byvoorbeeld Soweto sal ’n terreinbevelvoerder hê.

“Die beginsel is dat ’n ou die hoogliggende terrein moet beheer omdat dit die manier is om skermutselings te beheer.”

Die departemente van binnelandse en buitelandse sake besluit in konsultasie met die Amerikaanse ambassade vir hoeveel buitelandse wapens permitte uitgereik word.

Steyn en Heitman meen egter dat ’n uitsondering vir die Amerikaners gemaak sal kan word.

“Potensieel is daar ’n bedreiging, veral omdat Amerikaanse presidente al vermoor is,” het Heitman gesê.